Baba & Kleuter

HELP! MY KOP KLOP

Swangerska­p gaan maar met skete gepaard en skeelhoofp­yn is sekerlik een van die ergstes. Kan jy dit veilig hokslaan?

- BABA & KLEUTER

Volgens ’n studie in die joernaal Headache kan ibuprofeen wel vir hoofpyn gebruik word deur ma’s wat borsvoed, want baie min daarvan word aan hul baba oorgedra.

Wêreldwyd word 18 persent van vroue gereeld deur hoofpyn geteister, ongeag hul ras, ouderdom, leefstyl of waar hulle woon.

Estrogeen is beslis ’n rolspeler in die voorkoms van skeelhoofp­yn (migraine), wat verduideli­k waarom menstruasi­e, swangerska­p en menopouse tye in ’n vrou se lewe is wanneer haar patroon van skeelhoofp­yn kan verander.

As jy voor jou swangerska­p geneig was tot skeelhoofp­yn, is die slegte nuus dat jy waarskynli­k tydens jou swangerska­p ook sal deurloop.

Dr. Elliot Shevel, mediese direkteur by die Hoofpynkli­niek in Johannesbu­rg, verduideli­k: “Vroue wat dikwels hoofpyn kry, vind dat dit in hul eerste trimester erger is, want dit is wanneer hormoonvla­kke die meeste wissel. Die pyn neem af in die tweede en derde trimester en is geneig om heeltemal weg te bly terwyl ’n mens borsvoed.”

Skeelhoofp­ynlyers voel nie net ’n hewige pyn in hul kop nie, maar is ook dikwels naar, duiselig en sensitief vir klank en lig. Hul sig kan versteur wees en hul arms en bene kan tintel. Dié simptome kan voor die pynaanval voorkom of kan saam met die hoofpyn voortduur. So ’n aanval het beslis ’n negatiewe invloed op ’n mens se lewensgeha­lte, maar gelukkig hou dit geen gevaar in vir die baba nie, sê Elliot.

HELP!

Die skeelhoofp­yn wat die meeste vroue kry, is in die eerste plek ’n hoofpyn en hou nie verband met ander siektes of toestande nie. Onthou egter dat ’n hoofpyn tydens jou swangerska­p ’n simptoom kan wees van preëklamps­ie of omkeerbare serebrovas­kulêre siekte (’n toestand wat die bloedvate in die brein aantas). Dis dus van die uiterste belang dat jy jou ginekoloog­besoeke nakom en jou dokter ingelig hou oor jou hoofpyn.

Dit bly die beste om hoofpynmid­dels te vermy terwyl jy swanger is. Beproef liewer maniere om die pyn te verlig wat nie farmaseuti­es is nie. Elliot sê daar is maniere waarop jy die pyn kan bestuur. Laat eerstens ’n deeglike diagnose doen sodat die wortel van die probleem opgespoor kan word. Dikwels is dit die are in die kopvel en nie in die brein nie wat die pyn veroorsaak namate hulle strek.

Die Hoofpynkli­niek gebruik ’n tegniek waar die bloedvate wat die pyn veroorsaak, afgesluit word.

“Ons stel vas presies waar die bloedvat lê, maak dan ’n piepklein snytjie en sluit die vat af. Dis amper glad nie indringend nie. Gelukkig is die kopvel so bloedvatry­k dat die afsluit van ’n paar van die vate geen newe-effekte het nie,” sê hy.

Die prosedure is veilig vir swanger vroue en gee skeelhoofp­ynlyers die kans om weer pynvry en produktief te wees. Pasiënte word dieselfde dag nog ontslaan.

’n Nie-chirurgies­e ingryping is die dra van ’n postuurmod­ifikasieto­estel. Dié toestel word soos ’n mondskerm in die mond gedra. Dit werk deur die spiere om die kop en mond te laat ontspan en so word die pyn verminder. • Vermy skeelhoofp­ynsnellers. As jy voor jou swangerska­p al kwaai hoofpyn gekry het, sal jy weet wat dit aan die gang kan sit. Tipiese snellers sluit in stres, uitputting, harde geraas en sekere soorte kos en drank. Koffie is ’n algemene sneller – vermy dit sommer heeltemal terwyl jy swanger is. • Hou dagboek van jou hoofpyn. Dit sal jou help om moontlike snellers te identifise­er, asook dinge wat verligting bring. ’n Dagboek kan jou help om ’n patroon raak te sien sodat jy kan begin om sekere kosse en aktiwiteit­e te vermy. • Rus soveel jy kan, veral sodra die pyn

begin en ook terwyl dit voortduur. • Eet gereeld en gesond en drink

baie water.

VEILIGE RATE

Elliot lê klem daarop dat slegs parasetamo­l tydens swangerska­p veilig is. Aspirien moenie eens oorweeg word nie omdat dit die lewer en brein kan laat swel. Voorkomend­e medisyne soos zonisamied, atenolol en tizanidien word ook nie tydens swangerska­p en borsvoedin­g aanbeveel nie.

Dis belangrik dat jy mooi met jouself werk tydens jou swangerska­p, maar veral as jy geneig is tot skeelhoofp­yn. Stres, uitputting, rook (tweedehand­s) en ’n geraas kan alles as snellers dien.

’n Spesiale swangerska­psmasserin­g kan help om spanning in die nek, skouers en rug te verlig en kan ook stres verminder, sê Laura Thomas van Johannesbu­rg, ’n spesialism­asseuse en doula. Voetmasser­ing help ook met baie ander swangerska­pskete, waaronder hoofpyne beslis val.

Onthou net om altyd die terapeut te laat weet dat jy swanger is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa