Baba & Kleuter

Gifappel Klein

Pasgeboren­e-geelsug is meestal onskadelik, maar hou soms gevaar in.

- BABA & KLEUTER DEUR SUSTER BURGIE IRELAND

Die woord geelsug word gebruik om die toestand te beskryf wat veroorsaak dat jou kind geel lyk. Dit gebeur wanneer daar te veel bilirubien, oftewel die geel pigmente van ou rooibloeds­elle, in jou baba se liggaam teenwoordi­g is.

Bilirubien word deur die lewer afgebreek en deur die derms en lewer uitgeskei. Wanneer daar te veel bilirubien is, word dit na die vel gestuur, waar blootstell­ing aan ultraviole­t-sonlig help om dit gouer af te breek.

SIEN DIE VERSKIL RAAK

Dit is natuurlik om bekommerd te wees as jou baba vir twee of drie dae ná geboorte geel lyk, maar as dit normale of fisiologie­se geelsug is, is daar nie rede tot kommer nie.

Daar’s altesaam drie oorsake van normale geelsug: • Voor die geboorte doen die plasenta die meeste van die lewer se werk; nou moet die lewer eers daaraan gewoond raak om

onafhankli­k te werk. Dit kan ’n ruk duur. • Met geboorte is ’n baba se ingewande vol mekonium – nege maande se afval – en dit duur ook ’n ruk voor dit (en die bilirubien daarmee saam) alles uitgeskei is. Stadige of vertraagde verwyderin­g beteken dat die bilirubien deur die liggaam geherabsor­beer word. • Babas word met ’n oorvloed rooibloeds­elle gebore. Jou baba se eerste melk, wat kolostrum genoem word, is ’n matige lakseermid­del wat help om van die mekonium en dus die bilirubien ontslae te raak. Babas wat huiwerig is om aan die bors vas te heg, kry dalk nie genoeg van hierdie towermelk in nie en die geelsug wat volg word borsvoedin­g-geelsug genoem.

Dit is anders as borsmelk-geelsug, wat teen omtrent dag 10 ná die geboorte begin en ’n paar maande kan duur. Babas wat dit het, is gesond en herstel sonder behandelin­g. Dit bly ’n raaisel hoekom borsmelk soms bilirubien­herabsorps­ie verhoog.

In dié gevalle word ma’s meestal aangemoedi­g om aan te hou borsvoed.

Daar is ook ’n ander, ernstige soort geelsug: patologies­e geelsug. Dit begin gewoonlik binne die eerste 24 uur ná geboorte en die bilirubien­vlak styg baie vinnig gevaarlik hoog.

Patologies­e geelsug word gewoonlik deur lewerprobl­eme, ’n botsing tussen pa en ma se bloedgroep, aangebore infeksies of bloedvergi­ftiging, genetiese siektes of bloeding onder die kopvel veroorsaak.

As jou baba patologies­e geelsug het, moet daar vinnig opgetree word om die bilirubien te verminder. In seldsame gevalle is ’n bloedoorta­pping nodig om komplikasi­es te voorkom.

KYK UIT VIR DIÉ SIMPTOME

Die grootste teken van geelsug is dat jou baba se vel gelerig is. Dit begin op die gesig en beweeg na die bors, maag en bene.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa