Baba & Kleuter

KINDERFOTO’S WAT WERK

- BABA & KLEUTER

Dit kan nogal ’n uitdaging wees om ’n ratse kruipertji­e op kamera vas te vang. Dankie tog dus vir slimfone wat netjies in die doeksak pas en dus altyd byderhand is.

Hoewel dit maklik is om kiekies met ’n slimfoon te neem, beteken dit nie alles wat jy afneem gaan altyd profession­eel lyk nie. Daarom het ons drie fotograwe gevra hoe jy die gehalte van jou foonfoto’s in ’n japtrap van vervelig na onvergeetl­ik kan verander.

’N SKOON LENS

Dit klink eenvoudig, maar volgens die Kaapstadse fotograaf Mariska Muller is dit ’n skoon lens wat die grootste verskil aan die gehalte van jou foto’s gaan maak.

“As jy kinders het, weet jy hoe baie vuil vingertjie­s van slimfone hou, en ’n vuil lens laat foto’s wasig lyk,” sê Mariska.

NATUURLIKE LIG

Die mooiste foto’s word met natuurlike lig geneem, is nog ’n brokkie raad van Mariska. Neem dus jou foto naby ’n venster, in ’n vertrek wat lekker lig is of buite in die tuin. Pas net op vir direkte sonlig, want dit gooi ’n skaduwee oor jou kind se gesig en veroorsaak boonop dat jou kind haar oë op skrefies trek.

Direkte sonlig laat foto’s ook hard en onnatuurli­k lyk, waarsku Lizbé Botha, ’n fotograaf van Centurion.

“Soek eerder ’n skadukol buite of skakel die ligte aan in die vertrek waar jy die foto wil neem.”

Nog ’n stukkie raad van Lizbé is dat jou kind se gesig na die ligbron gedraai moet wees, of dit nou die venster is, die lig of die rigting waar die son vandaan kom. Dit sorg vir lig in jou kind se oë sodat dit vonkel en lewendig lyk.

Beligting maak of breek foto’s, sê die Johannesbu­rgse fotograaf Noëleen Foster. Sy verkies die sagte, verspreide lig wat ’n mens naby vensters kry. Sy reken ook dat bewolkte dae ideaal is vir foto’s neem omdat daar geen direkte sonlig is wat kan pla nie. Hou ook jou eie skaduwee dop en sorg dat dit nie op die foto sigbaar is nie, waarsku Noëleen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa