Baba & Kleuter

SLAAP MY BABA BEDAGS GENOEG?

- PEDIATER SLAAPKONSU­LTANT FISIOTERAP­EUT E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

My baba is ses maande oud. Hoe lank moet sy gedurende die dag slaap? Ek bad haar saans om 17:30 en sy is 18:00 in die bed. Is dit te vroeg? Sy word omtrent 06:00 wakker.

Hand-voet-mond-siekte is ’n virusinfek­sie wat hom voordoen as seertjies in die mond en ’n veluitslag op die hande, voete en in die luierarea. Daar is meer as 15 serotipes of stamme van die enteroviru­s-groep wat die siekte kan veroorsaak en die coxsackiev­irus A-serotipes is die algemeenst­e sondaars. Dit is dus ’n siektetoes­tand wat by herhaling kan voorkom. Dit kom wêreldwyd voor en tas meestal kinders onder vyf jaar aan. Groter kinders en volwassene­s kan egter ook die siekte kry.

Die infeksie word opgedoen wanneer die virus deur die mond ingeneem word. Die virus word aangetref in uitskeidin­gs van die neus en boonste lugweg, speeksel, stoelgang en in die vog van

PETRO THAMM ANTWOORD:

Daar is ’n baie groot spektrum van wat as normaal beskou word wanneer dit kom by die aantal ure wat babas slaap. Elke baba is anders en jy moet die regte hoeveelhei­d slaap vir jóú baba vind. Let op na die volgende tekens: Word sy snags onrustig, is sy oorsensiti­ef en kry sy te maklik skeidingsa­ngs? Vryf sy gereeld haar ogies en sukkel sy om haar emosies te hanteer? Dit is alles tekens van oormoeghei­d.

Die beste teken dat jou baba in die dag genoeg slaap inkry, is dat sy saans goed slaap. Syfers wys dat ses maande oue babas bedags tussen twee en vyf uur slaap. Die meeste babas van dié ouderdom geniet twee of drie dagslapies. die velblasies. Uitbrake van die siekte kom dikwels in dagsorgsen­trums voor. Die infeksie se broeitydpe­rk is drie tot vyf dae en die aansteekli­kheidsgeva­ar is die hoogste in die eerste week van die siekte. Die virus kan egter soms weke en selfs maande lank nog in die stoelgang uitgeskei word.

Dis nie maklik om die toestand te voorkom as dit eers in ’n dagsorgsen­trum uitgebreek het nie. Kinders wat dit opdoen, moet in die eerste week tuis versorg word. Kinders moet geleer word om ná ’n besoek aan die badkamer hande te was.

In sentrums vir jonger kinders moet die personeel hul hande gereeld was, veral ná doekruilin­gs – ook nadat die uitbraak van hand-voetmondsi­ekte verby is.

Dit klink of jy ’n gevestigde slaaptydro­etine het, wat op dié ouderdom altyd ’n goeie ding is. ’n Mens moet jou kleinding liefs vroeg in die bed kry, en dit sal baie afhang van hoe laat sy haar laaste slapie geniet het omdat jy volgens haar wakker tyd moet werk.

Met ander woorde: As sy 15:00 wakker geword het, moet sy nie later as 18:00 in die bed wees nie. Maar as sy 16:00 wakker geword het, kan jy haar slaaptyd na tussen 18:30 en 19:00 uitstel.

Daar is niks mee verkeerd om haar vroeg in die bed te sit nie, en dis ’n goeie plan hom haar slaap- en wakker tye met die son s’n te laat ooreenstem. Babas slaap in die eerste deel van die nag op hul beste.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa