Baba & Kleuter

BEENTJIES WORD GOU MOEG

-

My dogtertjie is vier jaar oud. Ek kom agter haar beentjies word maklik moeg. Is daar oefeninge wat ons by ons speeltyd kan inwerk om haar bene sterk te maak?

ANRO-MARI COHEN ANTWOORD:

Vierjarige kinders kan vir lang rukke aaneen aktief speel. Hulle is nou al goed toegerus met hardloop- en springvaar­dighede en hul hand-oog-koördinasi­e verbeter ook by die dag. Die groot motoriese vaardighed­e waaroor ’n vierjarige moet beskik, sluit in om: • Vyf sekondes lank op een been te staan; • Op een been te spring; • Drie sekondes lank op haar tone te staan; • Vorentoe te spring en oor voorwerpe te spring; • Te hardloop en van rigting te verander, of skielik te stop; • Op ’n reguit streep agteruit te loop; en • Te huppel.

Oefen hierdie mylpale as deel van speeltyd en werk beenoefeni­nge in sonder dat sy eens agterkom julle oefen. Maak dit lekker en interessan­t en wissel elke dag speletjies af.

Aangesien vierjarige­s al kan loop, hardloop en spring kan jy vir haar ’n hindernisb­aan opstel met struikelbl­okke waaroor sy moet spring of waaronder sy moet deurkruip.

Bal skop is ook ’n goeie aktiwiteit wat balans en spierkrag bevorder.

Jy kan strepe met verskillen­de vorms en patrone op die vloer plak en haar dan op haar tone op die vorms laat loop.

Jy wil nie net haar spiere sterk maak nie, maar ook aan haar uithouverm­oë werk. ’n Speletjie daarvoor is “muursit’’: Sit albei met jul rug teen die muur en jul bene teen 90 grade gebuig, en kyk wie die posisie die langste kan volhou.

Nog idees is aktiwiteit­e soos skêrsprong­e, een-beentjie staan en een-beentjie spring, syloop op ’n balanseerb­ord, agteruit loop, fietsie ry teen mekaar se voete, enige klimaktiwi­teite en speletjies soos hinkspel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa