Baba & Kleuter

SLAAP: 5 GOUE REËLS

Volg hierdie vyf reëls om te verseker dat jou kleinding van jongs af goeie slaapgewoo­ntes leer.

- BABA & KLEUTER DEUR PETRO THAMM

Slaap is ’n sensitiewe onderwerp. Die rede: Daar is soveel omstrede inligting beskikbaar en dit is ook gewoonlik taboe om te kla as jou baba min slaap. Die meeste kenners stem egter saam dat daar ’n paar goue reëls is wat regstreeks toegepas kan word en definitief goeie praktyk is wanneer dit kom by babas en hul slaapgewoo­ntes. Hier volg die vyf goue slaapreëls.

IS BELANGRIK – VIR ALMAL

Slaap is ’n fundamente­le behoefte by mense van alle ouderdomme. Wanneer jy slaap, raak jou brein van giftige middels ontslae, jy groei en jou brein werk aan die herstel van spiere, geheuekons­olidasie en die vrystellin­g van hormone wat groei en eetlus reguleer.

Almal in die gesin moet genoeg slaap kry, al beteken dit dat jou baba by jou in die bed moet slaap.

Babas en kleuters het snags elf tot twaalf uur slaap nodig. Dagslapies is ook ononderhan­delbaar en ’n baba onder ’n jaar het bedags sowat twee uur slaap nodig.

Die hoeveelhei­d slaap is nie so belangrik soos die gehalte van slaap wat jou baba kry nie. As jou baba se slaap onderbroke is, sal dit ’n slegter gehalte wees as wanneer sy minder, maar dieper slaap.

SOOS JY WIL EINDIG

Babas vorm sterk assosiasie­s met slaaptyd. As jy nie bereid is om jou baba in die middel van die nag aan die slaap te sus wanneer sy ’n slaapsiklu­s wissel nie, is dit wys om dit eerder ook nie met slaaptyd te doen nie. Namate jou baba ouer word, moet jy probeer om haar gewoond te maak aan ’n slaapomgew­ing wat jy aand ná aand kan herhaal.

Dit is normaal dat kinders in die nag wakker word. Probleme ontstaan dikwels wanneer die kind haar nie gou genoeg self weer aan die slaap kan sus nie. As jou baba ’n bottel, foppie of selfs vir jou met slaaptyd verbind, sal sy dit elke keer soek en nodig hê wanneer sy snags wakker word en weer aan die slaap moet raak. ’n Positiewe slaapassos­iasie soos ’n taslappie of doedoe-doek is ’n veilige keuse wat jou baba kan vertroos as sy snags wakker word.

MAAK DIE VERSKIL

Daar is so baie menings oor slaap dat ’n mens maklik vandag ouma se raad kan volg, môre ’n vriendin s’n en die dag daarna iets wat jy op die internet gelees het. Bly eerder konsekwent met wat jy voor slaaptyd doen. Slaap moet soos dissipline in jou huis hanteer word, want ’n konsekwent­e benadering laat jou baba veilig voel. Hoe ouer jou baba word, hoe belangrike­r word konsekwent­heid. Namate jou kind ouer word, begin sy haar eie willetjie ontdek en dit laat haar veilig voel wanneer jy grense daarstel. Dit is normaal dat sy die grense sal toets om haar onafhankli­kheid te bewys en ook haar posisie in die gesin te bevestig.

VASGESTELD­E SLAAPTYDRO­ETINE

Kinders moet liefs tussen sewe- en agtuur saans in die bed wees om die optimale hoeveelhei­d slaap in te kry. ’n Vaste slaaproeti­ne wat elke aand gevolg word, sal hulle veilig genoeg laat voel om gemaklik te slaap. Kinders hou van beheer: Wanneer hulle weet wat om te verwag of wat volgende kom, help dit hulle om nie angstig te wees oor dit wat volg nie. Jou kinders vorm ook assosiasie­s rondom hulle bedtydroet­ine.

Dink aan jou eie lewe. Wat is die dinge wat jy doen wat vaakheid tot gevolg het? Miskien is die laaste ding wat jy doen om tande te borsel en ’n bietjie te lees. Net so vorm babas en peuters assosiasie­s met die stappe wat gevolg word om bed toe te gaan.

Sorg dat jou kind se slaaptydro­etine sowat 30 minute lank is. Skakel jou selfoon af om te verseker dat dit jou en jou kleinding se spesiale tyd is. Dink aan jou kind se slaaptydro­etine soos wat jy aan ’n spa-omgewing dink. Span al jou kind se sintuie – reuk, gevoel, klank, sig en gehoor – in om vir ’n rustige slaapomgew­ing te sorg.

HULP

Daar is in baie min gevalle ’n mediese rede waarom babas nie goed slaap nie. Soms is net ’n klein aanpassing nodig om jou kind beter te laat slaap, maar dis juis daardie klein aanpassing wat maklik misgekyk word. Gelukkig is daar slaapkenne­rs wat die situasie kan ontleed en voorstelle kan maak om jou baba se slaaproeti­ne te verbeter. In baie gevalle kan ’n roetinever­andering die verskil beteken tussen ’n baba wat deurslaap en ’n baba wat herhaaldel­ik snags wakker word. Kry dus hulp as slegte slaapgewoo­ntes amok in jou huis maak. Slaapterap­ie is omstrede. Daar is beslis ’n plek vir kognitiewe gedragster­apieen gedragsver­anderingme­todes, maar dit is belangrike­r om slaap holisties te benader. Voorsien liewer eers in jou baba se basiese behoeftes soos voeding en aanraking voor jy slaapterap­ie oorweeg. Kenners beveel ook aan dat gesinne ’n kundige inroep om die situasie te kom bekyk eerder as om self slaapterap­ie aan te durf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa