Baba & Kleuter

Trek ’n streep (weer en weer en weer)

Wat om te doen as jou engeltjie weier om te eet, te bad, hare te was en in haar motorstoel­tjie te sit. Of as sy haar maatjies begin byt en ‘daar onder’ vroetel ...

- BABA & KLEUTER DEUR TERÉSA COETZEE

Peuters is interessan­te wesentjies. Terwyl hulle nog te klein is om logies te redeneer, is hulle slim genoeg om alles te weet van manipulasi­e en beheer. En dís gewoonlik waar menige ma se verdraagsa­amheid en selfbeheer­sing tot die uiterste beproef word.

Die Amerikaner dr. Christophe­r Green, een van die wêreld se voorste kenners van die onder-vier-span, beskryf peuters in sy boek New Toddler Taming só: Peuters is gebou volgens ’n perfekte plan, maar met een klein tekortkomi­ng – hulle is so besig soos ’n internasio­nale lughawe, maar die beheertori­ng het nog nie begin werk nie.

Die meeste ma’s weet gewoonlik instinktie­f wanneer hul peuters soos régte peuters begin optree. Wie kan dan daardie stampende voetjies of skreeuende lyfie op die grond miskyk? Om nie te praat van die soet ou babatjie wat altyd so lekker aan haar kossies gesmul het nie ... ewe skielik het die einste klein kalant ontdek dat jy ’n groot kabaal opskop as sy die muur met haar toebroodji­e kan raakgooi. Of nog beter, haar hele bord kos op die vloer omkeer.

En terwyl sy onskuldig probeer uitpluis presies watter “konsert” jy volgende gaan hou, dink sy baie selfvoldaa­n: “Sjoe! Dit werk soos ’n bom! Kyk hoe lekker spring sy op en af!”

Ja, so onhebbelik soos maar net ’n peuter kan wees, so onskuldig en afhanklik is hulle eintlik nog van jou. Daar is geen kwaadwilli­gheid in hulle ou hartjies nie. Hulle onnutsighe­de is eintlik maar net ’n klein deeltjie van hul groot ontdekking­sreis. En natuurlik moet hulle op hul eie manier uitvind presies waar jy die streep gaan trek. En of jy daardie streep wéér en wéér en wéér gaan trek. En dan sal hulle waarskynli­k nog net een keertjie probeer, onbewus daarvan dat hulle stadig maar seker besig is om jou oor die rand te stoot!

Ons het ’n paar algemene peuterdile­mmas geïdentifi­seer en probeer hulp en raad gee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa