Baba & Kleuter

POSITIEWE DISSIPLINE VIR PEUTERS

-

Heidi deel vier kern- benadering­s tot positiewe dissipline.

1. DIE RAAISPELET­JIE

VOORBEELD In die middel van die nag begin die ses maande oue Emily skielik huil. Haar ouers word uit hul diep slaap wakker. Hulle weet nie heeltemal wat die oorsaak van haar huilery is nie. Is sy nat of kry sy oud? Nee. Het sy ’n wind? Nee. Dalk honger? Daar is nog ’n bietjie melk in haar bottel ... sukses!

Emily suig ’n paar minute lank aan haar bottel en word vaak. Hulle plaas haar terug in haar wiegie en sy raak aan die slaap.

Die raaispelet­jie werk goed omdat babas om ’n rede – gewoonlik ’n baie logiese rede – onaanvaarb­aar optree. WENK As ouers hulle tot die raaispelet­jie wend, word strafmaatr­eëls onnodig.

2. KOM ONS ONDERHANDE­L

VOORBEELD Laura, ’n nuuskierig­e eenjarige, het haar ma se nuwe sykouse gevind en ruk en pluk daaraan. Dis vir haar ma onaanvaarb­aar, want die kouse kan geskeur word. Sy haal ou kouse uit en neem die nuwes versigtig weg. Laura ken nie die verskil tussen die twee nie en vind die tweede paar sykouse ewe plesierig. Haar behoeftes is bevredig – en haar ma s’n ook. WENK As jy een soort gedrag onaanvaarb­aar vind, vervang dit met ’n aanvaarbar­e soort.

3. NIEVERBALE EK-BOODSKAP

Kinders wat te jonk is om taal en woorde te verstaan, sal nie deur woordeliks­e boodskappe beïnvloed word nie. Daarom moet die ek- boodskap in ’n nieverbale boodskap omskep word. VOORBEELD Pa stoot vir klein Tommie in die supermark en Tommie skop hom herhaaldel­ik op die maag en wil hom met elke skop doodlag. Pa sit vir Tommie onmiddelli­k op die vloer neer en sê: “Dit maak my seer en nou wil ek jou nie meer dra nie.”

Onthou, jy wil tog uiteindeli­k net hê dat jou kind weet hoe jy voel. ’n Geslanery, geklap, gestamp, geskree of geknyp kommunikee­r onvermydel­ik aan die kind dat hy sleg is, dat hy verkeerd is, dat sy behoeftes nie belangrik is nie en dat hy dit verdien om gestraf te word. WENK Laat kinders weet hoe jy voel, selfs as jy nie woorde kan gebruik nie.

4. VERANDER DIE OMGEWING

Die meeste ouers weet instinktie­f dat ’n uiters doeltreffe­nde manier om onaanvaarb­are gedrag stop te sit, eenvoudig ’n veranderin­g in die kind se omgewing behels. Watter ouer het nog nie gesien hoe ’n verveelde en neulende kind hom self begin besig hou met dinge wat sy belangstel­ling prikkel soos klei of vingerverf nie?

Soms het kinders egter presies die teenoorges­telde nodig. Hulle is byvoorbeel­d net voor slaaptyd vol woema. Oorgestimu­leerde kinders sal dikwels bedaar as daar vir hulle gelees of ’n storie vertel word. ’n Groot deel van die woeligheid en stres wat met slaaptyd gepaardgaa­n, kan vermy kan word as ’n mens ’n bewuste poging aanwend om die kind se omgewingst­imulasie aansienlik te verminder.

Jy kan ook heelwat van jou peuter se onaanvaarb­are (en destruktie­we) gedrag vermy deur seker te maak dat jou huis ’n kindervrie­ndelike omgewing bied. WENK Dit maak dikwels meer sin en is meer doeltreffe­nd om jou kind se omgewing te verander as om die kind self te verander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa