Baba & Kleuter

MAAK ‘N GOEIE KIND GROOT

Wil jy ’n kind grootmaak wat eendag moreel sterk staan, eerlik is, integritei­t het, tussen reg en verkeerd kan onderskei en empatie met ander het? Doen dit só.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

WANNEER OM TE BEGIN

Dit is ’n mens se gewete wat sorg dat jy by aanvaarbar­e reëls en norme hou. Dis jou gewete wat jou keuses laat doen wat ooreenstem met jou eie kode en wat jou keer om onaanvaarb­aar op te tree.

Jou kind se gewete begin teen 18 maande oud vorm, maar dit gaan ’n paar jaar duur voor jy resultate sien. Jan Faull, ’n Amerikaans­e opvoedkund­ige en skrywer wat spesialise­er in kinderontw­ikkeling en -gedrag, sê dis ’n voortduren­de proses. Solank jou kinders by jou in die huis woon, sal jy elke dag daaraan moet werk.

Op ’n praktiese vlak beteken dit dat jy jou kleuter dadelik moet teregwys oor iets onaanvaarb­aars. Wees ferm en bou ’n gevolg by jou vermaning in. Sê: “Ek gaan dit nie toelaat nie. As jy dit weer doen, gaan ek jou straf,” en doen dit dan op die manier wat vir jou kind werk.

“Jou ferm optrede gaan jou kleuter herinner dat jy in beheer is. Dis baie nodig omdat jou kleuter nog nie ’n gewete of die nodige selfbeheer­sing het om hom van iets te weerhou nie – dit ontwikkel eers tussen drie en vyf jaar,” sê Jan.

Jou kind leer ook baie uit die voorbeeld wat jy stel. Onthou om konsekwent te wees.

JOU GEREEDSKAP

Daar is veral vier emosies wat ’n ouer kan help om ’n kind se gewete te ontwikkel: trots, empatie, verleenthe­id en skuld.

“Laat jou kind presies weet wat jou trots maak. Wys dit op jou gesig en onderstree­p dit met jou woorde.” Dit sal hom laat voel dis reg om jou trots te maak en te help waar hy kan. As jou kind iets verkeerds gedoen het, maar dapper genoeg is om skuld te erken, prys hom. Sê dat jy trots is dat hy die waarheid praat.

Dis baie belangrik dat kinders leer dat hul optrede ander mense raak. Jy kan verduideli­k dat iemand se hart seer word as ’n mens lelik met hom praat, of deur jou kind te vra om ’n kleiner boetie of sussie wat seergekry het, te troos. Verduideli­k dat dit mooi is om simpatie met iemand te hê en te help waar jy kan, is Jan se raad.

Verleenthe­id is ’n kragtige manier om gedrag te korrigeer. Deur doodeenvou­dig te verduideli­k dat jou kind jou skaam gemaak het met sy optrede, gaan jy waarskynli­k klaar ’n verbeterin­g sien. Maar pasop om dit te ver te dryf.

’n Gesonde skuldgevoe­l kan ook help om ’n kind se gedrag te reguleer. Onthou egter dat ’n kleuter nog nie ’n skuldgevoe­l het nie. Wees versigtig om nie onnodige skuldgevoe­lens te skep nie. As jy aanhou en aanhou gaan jy jou kind laat voel hý is sleg, en nie dat sy optrede verkeerd was nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa