Baba & Kleuter

Isdié leuens aanvaarbaa­r?

- THERESA VAN DEN BERG, OPVOEDKUND­IGE SIELKUNDIG­E

Ons almal doen dit. ’n Mens jok vir jou kinders, maar dis tog om hul eie beswil, is dit nie? En noodleuent­jies is tog daar om hulle te beskerm ... hoe is dit dan anders as stories oor Kersvader, die Paashaas en die Tandemuis?

Navorsers by die Massachuse­tts-Instituut vir Tegnologie in Amerika het bevind dat kinders baie minder goedgelowi­g is as wat ons dink. Hulle weet gewoonlik wanneer hul ouers vir hulle jok en het sommer vroeg al ’n aanvoeling daarvoor as mense inligting van hulle weerhou.

“As jy sê jy het nog nooit vir jou kind gejok nie, jok jy waarskynli­k,” spot Theresa van den Berg, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Pretoria.

Ouers jok soms omdat hulle hul kinders wil beskerm, dalk nie weet wat die regte antwoord op die vraag is wat hul kind vra nie, of dalk net omdat hulle ook wil hê dat hul kind die lekkerte van Kersvader of die Tandemuis moet beleef.

“Vir my is Kersvader, die Tandemuis en die Paashaas nie eintlik leuens nie, maar eerder fantasie met sy eie reëls, eie plek, logika en eie gevolge,” sê Theresa.

“Fantasieve­rhale het karakters wat nie in die werklikhei­d bestaan nie en wat ’n eie persoonlik­heid moet kry om ’n geloofwaar­dige karakter te word.

“As daar vir ’n kind ’n fantasiewê­reld geskep word, moet die kind die bestaan van die wêreld in sy verbeeldin­g kan aanvoel en daaraan kan glo – en is dit nie wat die Tandemuis, Paashaas en Kersvader vir die meeste kinders is nie?”

Die belewing van fantasie is die sterkste in die kleinkinde­rjare, miskien juis omdat dit die tyd is wanneer die werklikhei­d en fantasie die meeste verweef is en vir die kind ’n onskeibare geheel vorm.

Dis trouens groot pret vir kinders om aan die bestaan van feetjies, kabouters en karakters soos Kersvader te glo, en dis gewoonlik vir ouers ook opwindend.

“Daar gaan ’n dag kom dat jou kind oud genoeg is om werklikhei­d van fantasie te begin skei. Dit is dan dat hy gaan vra of Kersvader en die Tandemuis werklik bestaan,” sê Theresa.

Vir sommige kinders is dit moeilik om te aanvaar dat die fantasie toe nie werklikhei­d is nie, ander het al lankal daaroor begin wonder en nog ander het by maats gehoor dat dit ’n opmaakstor­ie is.

“Een manier om die oorgang van fantasie na werklikhei­d vir kinders makliker te maak, is om hulle te vra om die ‘storie’ vir die jonger kinders in die huis of vir ander nog lewend te hou. Die ouer kinders kan van dan af dalk die geld in die skoen gaan bêre of saam beplan hoe Kersvader sy verskyning gaan maak,” is Theresa se raad. JY JOK OM TE BESKERM Daar is tye dat ouers nie die waarheid kan vertel nie om hul kind veilig te laat voel.

Soms is dit net nodig om die belangriks­te en nodigste te sê of om inligting te weerhou wat nie op ’n jong kind se vlak van ontwikkeli­ng verstaanba­ar gaan wees nie.

Is dit werklik vir ’n kleuter nodig om al die besonderhe­de van mamma en pappa se egskeiding te ken?

Ouers kan op ’n eenvoudige manier die basiese verduideli­k en hul kleingoed met aanvaardin­g, stabilitei­t en onvoorwaar­delike liefde begelei om by hul nuwe omstandigh­ede aan te pas. JY JOK OM SEERKRY TE SPAAR Ouers jok soms vir kinders omdat hulle wil keer dat hulle seerkry of omdat hulle dink dat hulle omstandigh­ede makliker gaan kan hanteer. So kan ouers byvoorbeel­d sonder om te dink vir ’n kind wie se maats met hom lelik was, sê: “Toemaar, hy was in elk geval nie ’n goeie maatjie vir jou nie.” Maar wat as die kind môre weer opmaak en met die maatjie speel? Was die maat werklik ’n slegte maat? Luister eerder na jou kind en help hom om die konflik met ’n maatjie te verander. JY JOK OM JOU KIND SE SAMEWERKIN­G TE VERKRY Byvoorbeel­d: “As jy nie jou groente eet nie, gaan jy nie sterk spiere hê om goed

ONAANVAARB­ARE LEUENS

Elke leuen het gevolge, maan Theresa, en ’n mens moet besef dat jy van jou kinders se geboorte af ’n verhouding met hulle moet opbou waarin vertroue een van die belangriks­te sleutelwaa­rdes is.

“Net soos jy jou kind wil vertrou, so wil jou kind jou ook vertrou. Om vir jou kind te jok, kan jou geloofwaar­digheid – as ’n ouer op wie ’n kind kan steun en vertrou – skade doen.”

Om vir jou kind te jok omdat jy sy samewerkin­g wil kry of omdat jy dit wil vermy om die waarheid te vertel, kan jy jou kind seermaak en vertroue ondermyn.

“Ouers moet hulle afvra watter soort rolmodel hulle vir hul kind wil wees en besef dat ’n vertrouens­verhouding met kinders na albei kante werk.

“Ouers jok dikwels oor klein dingetjies soos dat dit nie seer gaan wees as die tandarts ’n tand trek nie.

“Hoekom jok? Sê eerder vir jou kind hy gaan ’n prikkie voel wanneer die tandarts hom inspuit, maar dis juis daardie prikkie te kan rugby speel nie.” Jy het dalk goeie bedoelings om jou kind gebalansee­rd te laat eet, maar moet onthou dat ’n bepaalde oortuiging tot sekere gedragspat­rone kan lei. So kan ’n kind dalk altyd swakker rugby speel omdat hy oortuig is dis omdat hy nooit sy groente geëet het nie. Hy sal dalk nooit in sy eie unieke vermoë glo nie.

Nog voorbeelde is: “Die prop gaan jou insluk as jy te lank in die bad sit,” of “Daar gaan ’n plant in jou maag groei as jy die saad van die waatlemoen eet”. En wie ken nie die storie van kougom wat vir sewe jaar in jou maag gaan sit as jy dit insluk nie? Hierdie soort leuens kan dalk jou kind se samewerkin­g verseker, maar dit kan tot angstighei­d, nagmerries en onnodige vrese lei. JY JOK OM SENSITIEWE KWESSIES TE VERMY Soms is ouers skaam, bang of onseker oor hoe om die waarheid vir kinders te vertel oor sensitiewe sake soos waar babas vandaan kom. Dit is dan dat hulle stories opmaak soos dat babas deur ooievaars gebring word. Jong kinders wil nie ingewikkel­de antwoorde hê met fyn besonderhe­de wat hulle in elk geval nie verstaan nie. Deur stories op te maak, loop ’n mens dikwels die geleenthei­d mis om dalk die eerste tree te gee tot die nodige voorligtin­g en dikwels sou ’n baie eenvoudige, maar eerlike antwoord van meer waarde gewees het – veral vir die vrae wat later daarop gaan volg.

wat gaan sorg dat hy nie voel as die tand getrek word nie. Jy kan ook sê om ’n tand te trek, is eintlik baie vinnig en hy kan dalk ’n prik voel en agterna ’n bietjie bloei, maar dis gelukkig meestal baie vinnig verby,” sê Theresa. opvoedkund­ige sielkundig­e, 082 374 6876/012 346 0790, www.theresas.co.za, www.ilike2stud­y.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa