Baba & Kleuter

Dogtertjie vertel STORIES

- BABA & KLEUTER

My driejarige dogtertjie maak stories op. Sy sal sê haar boetie of sussie het haar gestamp, maar ek weet dis nie waar nie. Sy sal ook sommer sê haar ouma het gesê sy mag lekkers kry of swem, al is ouma glad nie naby nie. Dis meestal onskuldig, maar ek is steeds bang dit is die begin van leuens vertel. Moet ek bekommerd wees? Wat is normaal?

LENMARIE STANTON ANTWOORD:

Daar is twee soorte leuens. Leuens wat morele reëls oortree, word vertel om jou te bevoordeel ten koste van ander. Omdat dit antisosiaa­l is, word dit van kleins af ontmoedig.

Dan is daar leuens wat vertel word met die bedoeling om ander te help of te bevoordeel (soos om te maak of jy van ’n geskenk hou) en wat prososiaal is.

Kinders begin gewoonlik van drie jaar af leuens vertel om sowel pro- as antisosial­e redes. Dis wanneer hulle ontdek dat ouers nie hul gedagtes kan lees nie. Kinders van drie jaar jok gewoonlik om: • iets wat hulle verkeerd gedoen het te

verbloem; • te kyk hoe jy as ouer reageer as jy ontdek

dit was ’n leuen; • hul stories meer opwindend te maak; • aandag te kry, selfs al weet hulle dis nie

die waarheid nie; en • iets te kry wat hulle graag wil hê. MOEDIG EERLIKHEID AAN MET DIÉ WENKE: • As jou kind ’n storie opmaak, kan jy reageer deur te sê: “Dit klink na ’n interessan­te storie. Ons behoort ’n boek daaroor te skryf.” • Help jou kind om situasies te vermy waarin hy die behoefte het om te jok. As daar melk gemors is, moet haar nie vra of dit sy was nie, want dit kan haar in die versoeking bring om te jok. Sê eerder: “Sjoe, ek sien daar was ’n ongelukkie, kom ons maak gou skoon!” • Grootprate­ry kan ’n kind se manier wees om bewonderin­g en respek van ander te kry. As dit die geval is, prys haar meer gereeld, veral wanneer sy iets nuuts bemeester. Dit kan selfvertro­ue versterk. • As sy ’n opsetlike leuen vertel, behoort jy haar duidelik te laat verstaan dat jok nie aanvaarbaa­r is nie. Verduideli­k waarom en sê ook dat as sy aanhou jok, jy in die toekoms sal sukkel om haar te vertrou. • Implemente­er toepaslike gevolge as straf. As sy op die muur teken en daaroor jok, vra haar om dit te skoon te maak. • As jou dogtertjie jok om aandag te kry, oorweeg ’n meer positiewe manier om aandag te gee. As sy gejok het om iets te kry – soos ’n nuwe speelding – oorweeg ’n beloningst­elsel om haar in staat te stel om dit te kry. • Moet haar nie ’n leuenaar noem nie. Dit is sleg vir haar selfbeeld en kan tot groter oneerlikhe­id lei.

Wit leuentjies is skadelose leuens wat gewoonlik met ’n goeie bedoeling vertel word. Sommige wit leuens kan jou kind se onskuld beskerm, kreatiwite­it stimuleer en haar ook sosiale vaardighed­e leer. ’n Voorbeeld is wanneer jy vir jou kind vertel dat jou drukkies wonderkrag­te het wat haar kan help as sy seerkry.

Maar al is wit leuens skadeloos, moet ’n mens tog maar vermy om hulle te vertel. Kinders wat gewoond is om leuens te hoor, is ook geneig om meer leuens te vertel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa