Baba & Kleuter

FIKS VIR DIE TOEKOMS

-

Ek moet vinnig skryf, want die hele redaksie gaan netnou stap. Dis nou al die sesde week dat ons elke Donderdag saam met ’n groot groep Media24-kollegas die strate invaar in ’n poging om fiks te word. Ek sweer my bobene voel al ’n bietjie stywer, al stap ons net om die blok. So ’n stappie in isolasie is nou wel nie genoeg om mens fiks te kry nie, maar dit dien beslis as inspirasie om meer te doen...

Yolandi het nuwe tekkies gekoop en begin draf en Rebecca het met aanlyn Pilateskla­sse begin. En Charné? Wel, Charné het ’n 3-jarige tweeling en ek dink hulle sorg dat sy genoeg oefening kry sonder dat sy enigsins hoef te probeer!

’n Ruk terug het ons op Facebook gevra hoe julle fiks bly, en feitlik almal het gesê daar is met babas en kleuters in die huis nie tyd vir gim nie. Ek stry nie – dis waar! Maar waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Gaan kyk maar na die artikel op bl. 39. Dié instagram-ma’s oefen oral en is regtig inspireren­d.

Nog inspirasie is te kry in Zelda Ackerman se artikel oor hoe om gesond te eet tydens jou swangerska­p. Zelda, die dieetkundi­ge wat vir ons skryf, is self ’n fiksheidin­spirasie. Sy het vroeër vanjaar die Comrades voltooi en is ’n ma van drie klein kindertjie­s. Haar boodskap? ’n Gesonde leefstyl is nie net vir jóú goed nie... wat jy eet het ’n direkte impak op die baba wat in jou groei en die gevolge van ’n swak dieet kan jou kind tot in sý oudag knou.

Dis boonop onmoontlik om kinders met goeie eetgewoont­es groot te maak as jy nie self goeie eetgewoont­es het nie. Kinders doen beslis wat hulle jou sien doen, en nie noodwendig wat jy vir hulle voorsê om te doen nie.

Sien jou swangerska­p dus as ’n geleenthei­d om ’n paar dinge aan jou leefstyl te verander wat dalk al ’n ruk lank krap. Dan kan jy uitsien daarna om eendag ’n gelukkige, gesonde ouma te word van gelukkige, gesonde kleinkinde­rs. Kyk maar net na die stralende grootouers op ons spesiale fotoblaaie op bl. 10 en 11.

Tot volgende maand!

 ??  ??
 ??  ?? Die redaksie, van links: Rebecca Paulsen (ontwerper), Yolandi Jordaan (assistent-redakteur), Helen Schöer (redakteur), Charné Casey (kunsredakt­eur) en Adele Minnaar (verspreidi­ng) voor hul eerste staptog.
Die redaksie, van links: Rebecca Paulsen (ontwerper), Yolandi Jordaan (assistent-redakteur), Helen Schöer (redakteur), Charné Casey (kunsredakt­eur) en Adele Minnaar (verspreidi­ng) voor hul eerste staptog.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa