Baba & Kleuter

5 WENKE VIR borsvoedin­g

- E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. BABA & KLEUTER

My swangerska­p is besig om einde se kant toe te staan. Dis een van my lewensdrom­e om my baba te borsvoed, dus wil ek seker maak ek kry dit sommer van die begin af reg. As jy net vyf wenke vir suksesvoll­e borsvoedin­g kan deel, wat sal jy kies?

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Volgens ’n onlangse artikel in die hoog aangeskrew­e mediese joernaal TheLancet verbeter borsvoedin­g die oorlewing, gesondheid en ontwikkeli­ng van alle kinders in alle dele van die wêreld. Babas wat geborsvoed word, word beskerm teen kinderinfe­ksies en hulle loop ’n kleiner gevaar om oorgewig te raak en om later diabetes op te doen. Hulle word verder beskerm teen onvolmaakt­e posisioner­ing van die tande wanneer die kakebene op mekaar is, en hul intelligen­sietelling­s is ook hoër. Ma’s wat borsvoed het ’n laer risiko om borskanker, eierstokka­nker en diabetes tipe 2 op te doen. Swangerska­ppe wat kort ná mekaar volg verhoog gesondheid­srisiko’s en borsvoedin­g is ’n natuurlike manier om die tydperk tussen geboortes te verleng. Dit is dus ’n uitgemaakt­e saak dat borsvoedin­g die beste voedingsbe­sluit is en vir ma’s en babas menige voordeel inhou. Ek deel dus graag die volgende vyf wenke vir suksesvoll­e borsvoedin­g.

BESLUIT VOOR JY KRAAM dat jy gaan borsvoed. BEREI JOU EMOSIONEEL EN FISIEK SO GOED AS MOONTLIK VOOR. Jy kan dit doen deur na te lees oor borsvoedin­g en voorgeboor­teklasse by te woon, asook deur met ervare ma’s oor die uitdagings en vreugdes te gesels. MAAK SEKER JOU BABA WORD SO GOU MOONTLIK NÁ GEBOORTE op jou bors geplaas (vel teen vel) en borsvoed jou baba binne die eerste uur ná geboorte. Praat met jou ginekoloog of vroedvrou oor hoe belangrik borsvoedin­g vir jou is en dat jy wil hê jou baba moet so gou moontlik ná die geboorte vel teen vel geplaas word. JY MOET GEMAKLIK WEES wanneer sy borsvoed. Maak dus seker jy sit, lê of staan gemaklik (want ma’s borsvoed mos later in enige posisie!) voor jy jou baba aan die bors sit. Posisioner­ing en aanhegting van die baba aan die bors is uiters belangrik om seer tepels te voorkom en seker te maak jou baba suig die melk doeltreffe­nd uit die bors. Jou baba moet op haar sy lê terwyl haar gesiggie na jou bors kyk. Kielie die bolippie, wees geduldig en wag tot jou baba haar mondjie wyd oopmaak voor jy die bors aanbied. GENIET BORSVOEDIN­G! Dit is die allerbeste belegging wat jy in jou baba se voeding, gesondheid en sorg kan maak en voor jy jou oë uitvee is hierdie koestertyd verby. Haal dus die meeste uit jou en jou baba se borsvoedin­gsverhoudi­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa