Baba & Kleuter

Blus die BRAND joinuB ORS

Miskien het jy voor jou swangerska­p nie eens geweet wat sooibrand is nie – tot dit jou die dag tref. Ons wenke sal jou help om die vuur in jou binneste te tem.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

WAT VEROORSAAK SOOIBRAND?

Meer as 80 persent van swanger vroue sukkel gedurende swangerska­p met sooibrand. Dit is ongemaklik en die gevolg van al die hormone wat deur jou liggaam bruis. Een van dié sondaars is die hormoon progestero­on, wat daarvoor verantwoor­delik is om die sagte spiere in jou baarmoeder te laat verslap. Die klep wat die slukderm en die maag skei, verslap terselfder­tyd, met die gevolg dat maagsure in die slukderm opbeweeg en sooibrand veroorsaak. Die toestand kan verder vererger word omdat jou baba en baarmoeder uitsit, dit jou maag boontoe druk en vasdruk, en jou vertering in die proses nog stadiger maak.

Anel Kirsten, ’n dieetkundi­ge van die Paarl, sê dat sekere kossoorte en drankies sooibrand aan die gang kan sit.

“Van die sondaars is kafeïenbev­attende drankies, sterk gegeurde en speseryagt­ige kos, vetterige kos, peperment-gegeurde kos, te veel melk en suiwel, sitrusvrug­te, tamaties en tamatiepro­dukte en sjokolade.”

WAT KAN JY DOEN?

• Eet kleiner maaltye. Die swangerska­psgids What To Expect When You’re Expecting beveel ses kleiner maaltye per dag aan. Dis ideaal vir sooibrand en spysverter­ingskwale. • Drink net teensuurmi­ddels wat jou

dokter voorgeskry­f het. • Eet stadig. Dokters sê as jy vinnig eet, kan jy lug sluk, wat lugpakkies in die maag kan vorm. As kos nie ordentlik verteer word nie, kan sooibrand dan vinniger ontstaan. • Moenie met etenstyd vloeistoww­e drink nie. As vloeistoww­e met die kos meng, neem dit te veel ruimte in beslag en laat dit jou net nog ongemaklik­er voel. • Moenie ná ete gaan lê nie. As jy horisontaa­l is, kan die maagsure maklik opstoot. Probeer regop sit tot jou kos verteer het. As jy lê, hou jou kop en skouers sowat 15 cm hoog om te voorkom dat die maagsure in jou keel opstoot. • Moet nooit ná ete oefen nie en indien

jy oefen, vermy draf en gewigte optel

HOMEOPATIE­SE RAAD

Daar is verskillen­de homeopatie­se middels op die mark wat sooibrand kan verlig. Volgens dr. Jana Mostert, ’n homeopaat in Johannesbu­rg, kan Magen 1 of Magen Pulv, albei deur Natura, gedurende swangerska­p geneem word. Magen 1 is ’n vloeistof: Neem 10 druppels drie keer per dag onder die tong. Magen Pulv is ’n poeier wat ’n mens met ’n bietjie water meng en drie keer per dag drink.

aangesien dit die drukking op jou maag laat toeneem. • Bly weg van styfpassen­de klere en

nagklere. • Probeer om sowat drie uur voor slaap

tyd aandete te eet. • Moenie voor slaaptyd vloeistoww­e drink nie. Hoe leër jou maag is wanneer jy lê, hoe beter. • Bly ook weg van alkohol, tee en gas

koeldrank. • Rook veroorsaak ook sooibrand en is in elk geval ongewens terwyl jy swanger is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa