Baba & Kleuter

TOT IN DIE NAGESLAG

-

Hierdie inligting moet jou nie bang maak nie, en jou ook nie laat besluit om handdoek in te gooi in jou eie stryd met jou gewig nie. Laat dit eerder vir jou ’n groter motivering wees om jou en jou gesin se eetgewoont­es en leefstyl ’n prioriteit te maak, ter wille van jou nageslag. Moenie fokus op wat jy nie meer kan verander nie, maar op dit wat jy wel kan doen. Volg hierdie eenvoudige wenke om jou nageslag reg te programmee­r.

EET GEBALANSEE­RD

• Maak seker dat jy en jou man ’n verskeiden­heid gesonde kosse eet voor julle wil swanger raak. • Handhaaf ’n gesonde, gebalansee­rde eetpatroon regdeur jou swangerska­p en terwyl jy borsvoed. • Moenie eet vir twee nie en moenie toe

gee aan elke “lus-vir-iets” nie. • Moenie koolhidrat­e uitskakel en dit met

vleis vervang nie. • Gebruik minder suiker. Vervang suiker met vrugte eerder as kunsmatige versoeters. • Gee jou kind van babadae af gesonde, gebalansee­rde maaltye en tussenvoed­ings.

EET GENOEG, MAAR NIE TE VEEL

• Bereik ’n ideale liggaamsma­ssa voor jy

swanger raak. • Verloor gewig op die gesonde manier

en bly weg van kitsdiëte. • Moenie vas voor of tydens jou swanger

skap nie. • Maak seker dat jy in die eerste trimester genoeg inkry. As jy baie met naarheid sukkel, kan jy ’n voedselaan­vulling gebruik of ’n dieetkundi­ge raadpleeg. • Luister na jou liggaam en hou op eet

sodra jy versadig is.

EET MINDER DIERVETTE

• Vermy hoëvet-diëte soos Banting van voor bevrugting tot nadat jy opgehou borsvoed het. • Sny sigbare vet van vleis af en verwyder die hoender se vel voor jy dit gaarmaak. • Gebruik vetvrye of laevet-melk pleks

van volroommel­k. • Kies maer spekvleis en laevet-kaas. • Vervang diervette met gesonde vette soos dié in vetterige vis (salm, makriel en sardyne) of plantolies (avokado, olywe, kanola en neute).

VERMY TRANSVETTE

• Vermy kosse met transvette soos pasteie, croissants, blokmargar­ien en koekies. • Vermy kos wat diepgebraa­i is soos aartappels­kyfies, vetkoek, oliebolle, gebraaide vis, gebraaide hoender en koeksister­s. • Braai in kanola-olie eerder as in botter

of margarien.

MONITOR JOU BABA SE GROEI

• Let op honger en versadigin­gseine

wanneer jy jou baba voed. • Monitor jou baba se groei maandeliks

tot hy twee jaar oud is. • Vermy versnelde groei in die eerste twee jaar van lewe. Jou baba se groeikurwe behoort dus nie verskeie lyne op die groeikaart te kruis nie. • Selfs vroeggebor­e babas moet liefs groei saam met die persentiel­lyn waarop hulle gebore is. • Raadpleeg ’n dieetkundi­ge as jou baba

te vinnig groei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa