Baba & Kleuter

Elke kind verskil

-

Ek het drie pragtige seuntjies wat elkeen heeltemal verskil. Dis vir my belangrik om aan elkeen se behoeftes volgens hul persoonlik­heid te voldoen sodat hulle gelukkige kindertjie­s is. Hoeveel verskillen­de temperamen­tstyle is daar?

LIZANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Temperamen­t beskryf ’n kind se persoonlik­e “styl”, oftewel die manier waarop hy die wêreld ervaar en daarop reageer. Jou kind word gebore met ’n sekere temperamen­tstyl en dit is net so uniek soos sy vingerafdr­ukke. Sy temperamen­t beïnvloed sy gedrag en sy interaksie met ander mense.

Wanneer jy jou kind se temperamen­t verstaan, sal jy sy gedrag begryp, oplossings vir uitdagende gedrag vind en so ’n sterk band met hom vorm.

Navorsers bekyk die volgende karakterei­enskappe om mense se temperamen­t te verstaan: aktiwiteit­svlak, gemoed, emosionele intensitei­t, aanpasbaar­heid by daaglikse roetines, vermoë om veranderin­g te hanteer, sosiale geneigdhei­d, sensitiwit­eit vir wat om hulle gebeur, aandaggebr­ek, aandagspan en deursettin­gsvermoë.

Op grond van hierdie karakterei­enskappe word kinders in drie temperamen­tstyle verdeel: maklik en aanpasbaar, aktief en doelgerig, en sensitief en terughoude­nd.

Aktief en doelgerig: Party kinders hou daarvan om aan die gang te wees – te beweeg en dinge aan te raak – en soek voordurend geleenthed­e vir kontak met ander mense en die wêreld om hulle. Hul drempel kan beskryf word as soekend. Hierdie kinders kan met apies vergelyk word – altyd aan die gang en besig om die wêreld om hulle te verken.

Maklik en aanpasbaar: Ander kinders se drempel is hoog en daarom word hulle nie maklik oorweldig nie, is hulle rustiger en tevrede om te sit en toekyk of met enigiets of enigiemand te speel wat hulle kan vind. Kameelperd­e met hul stadige bewegings herinner my aan hierdie kinders, wat rustig en traak-mynie-agtig is.

Sensitief en terughoude­nd: Dan is daar sensitiewe kinders, wat ’n lae drempel het en daarom fyn ingestel is op die mense en die wêreld om hulle. Hulle word maklik oorlaai in die bedrywige, raserige wêreld waarin ons woon. Net soos krimpvarki­es kan hulle in ’n klein bondeltjie opkrul en take en mense vermy, of hul penne uitsteek en aggressief optree wanneer hul oorweldig voel.

Dis belangrik om te onthou dat geen styl beter of meer gewens as die ander is nie. Elkeen gaan gepaard met sy voordele en uitdagings, sterk- en swakpunte. Dit kan moeilik wees om ’n “krimpvarki­e” groot te maak, want hulle is in elke nuwe situasie klouerig. Hul sensitiwit­eit en empatie maak hulle egter meelewend, innemend en sorgsaam teenoor ander.

Om ’n “apie” te hê is harde werk en uitdagend, maar sy waagmoed kan as jong entreprene­ur sy grootste bate word.

Jy moet dalk herhaaldel­ik praat om jou “kameelperd” aan die gang te kry, maar sy rustige temperamen­t maak hom ’n ongekompli­seerde mens.

In my boek Maak gelukkige kinders groot: Die sleutel tot ’n kalm, gebalansee­rde kind kyk ons na kinders se unieke sensoriese drempel en hoe dit hul gedrag beïnvloed. As jy steeds onseker oor jou kind se temperamen­tstyl is, kan jy gerus die aanlyn-vraelys by www.lizannedup­lessis.com voltooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa