Baba & Kleuter

10 DIE GEVAARLIKS­TE PLEKKE

-

1 Installeer hekkies aan die bo- en onderkant. 2 Gebruik deurstuite­rs sodat jou baba se vingers nie in die deuropenin­g of die rugkant van die deur vasgeknyp kan word nie. 3 altyd weggesluit wees. 4 Maak seker dit is bedek sodat jou baba nie sy vingers daarin kan druk nie. 5 Bedek die skerp hoeke van meubels met spons of iets soortgelyk­s om gevaarlike stampe teen die kop te voorkom. 6 Beperk die speelgoed in die hok. Te veel kan gevaarlik raak omdat jou baba kan versmoor of dit kan gebruik as trappe om uit die hok te kom. 7 Installeer rookalarms in die ingangspor­taal, gange, slaapkamer­s en sitkamer en plaas vuurskerms voor oop kaggels. 8 Bind dit saam buite jou baba se bereik of bind dit saam in ’n beskermend­e omhulsel. 9 Maak seker die water se temperatuu­r is reg voor jy jou baba in die bad sit en moet jou kind nooit alleen laat nie. 10 Hou jou kind weg van glasdeure en ander voorwerpe met glas in, soos fotorame en losstaande spieëls. Dit moet

IN DIE KOMBUIS

• Giftige stowwe en skoonmaakm­iddels behoort nie onder die wasbak gebêre te word nie. Pak dit eerder in ’n kas wat buite jou baba se bereik is. • Sit knippe aan al jou laaie en kasdeure sodat jou baba dit nie kan ooptrek en haar beseer nie. • Sorg dat al jou potte en panne se handvatsel­s na binne wys wanneer jy kos maak sodat jou baba dit nie per abuis kan raakvat en op haar omkeer nie. Gebruik ook eerder die agterste twee stoofplate wanneer dit moontlik is. • Stoofknopp­e wat binne jou baba se bereik

is, moet beveilig word. • Dis nie ’n goeie idee om magnete op die yskas te hou nie. As dit sou afval en breek, kan jou baba dit optel en in haar mond sit en dan moontlik verstik of dit insluk. • Was die bottels van jou skoonmaakm­iddels uit voor jy dit in die vullisblik sit. Selfs net ’n druppeltji­e daarvan is gevaarlik vir jou baba.

IN DIE BADKAMER

• Hou medisyne op ’n plek waar jou baba dit nie in die hande kan kry nie. Moenie vergeet om dit weg te bêre nadat jy dit gebruik het nie. Medisyneka­ssies is nie altyd veilig nie; dis beter om ’n kassie te kry wat jy kan sluit. • Moet nooit na medisyne as lekkers verwys nie en probeer om nie jou eie medisyne voor jou baba te drink nie – hulle is na-apertjies. • Verwyder alle seep, skeermesse en sjam

poes van jou bad se rand af. • Sit ’n rubbertuit oor die bad se krane sodat jou baba hom nie per ongeluk daarmee kan brand of sy kop daarteen stamp nie. • Moet nooit jou baba in jou arms vashou

terwyl jy uit die bad klim nie. Jy gly dalk. • Sit knippe aan die toilette se deksels wat

dit kan sluit. • Moet nooit jou baba alleen in die bad los nie. Ignoreer die telefoon of deurklok. Dit kos net ’n paar sekondes en water wat maar ’n paar sentimeter diep is vir jou baba om te verdrink. • Maak seker dat jou badkamers se deure van buite oopgesluit kan word ingeval jou kind hom binne toesluit.

IN DIE BABAKAMER

• Alle speelgoed wat in jou baba se bedjie vasgeheg word, moet aan die muur se kant wees sodat jou baba haar nie daarteen kan optrek en so uit haar bed val nie. • Moenie muurbehang­sels bo die bababed hang nie. As jou baba dit aftrek, kan sy daarin verstrik raak. • Moet nooit jou baba alleen op die ruiltafel laat nie, nie eens vir ’n paar sekondes nie. • Sorg dat alle kragproppe en elektriese kabels beveilig word sodat jou baba nie haar vingers daarin kan druk of aan die kabels kan trek nie. • Gebruik beddegoed wat brandbesta­nd is. • Moenie verwarmers naby die bababedjie

plaas nie. • Moenie kussings gebruik vir babas jonger

as ’n jaar nie. • Moenie speelgoed wat te groot is in die bababedjie sit nie. Jou nuuskierig­e kleinding kan dit gebruik om op te klouter en uit die bababedjie te probeer kom.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa