Baba & Kleuter

BAKTERIESE INFEKSIE

-

HELP MET DIE PYN

Om brandboudj­ies reg te behandel, is dit belangrik dat jy kan onderskei tussen die verskillen­de soort brandboudj­ies sodat jy die regte medisyne kies. So nie is dit die moeite werd om in ’n goeie mengsel te belê. Jy kan jou apteker vra om dit vir jou te meng. Hier is die drie soorte brandboudj­ies wat jou baba kan opdoen.

VELIRRITAS­IE

Luieruitsl­ag begin gewoonlik as ’n effense rooierighe­id en geïrriteer­dheid. Dis baie belangrik om dadelik werk daarvan te maak al is dit hoe gering, want beskadigde vel is kwesbaar vir swam- en bakteriese infeksies, wat die uitslag kan vererger. BEHANDELIN­G Ruil jou baba se doeke meer gereeld as gewoonlik om: nat weggooidoe­ke omtrent elke twee uur en vuil doeke onmiddelli­k. Maak baba se boudjies met elke doekruilin­g deeglik skoon deur dit met water en watte te was. Jy kan hardnekkig­e stoelgang met ’n lappie met skoon kookolie op verwyder.

Droog dit deeglik af – ook in die velvoue – deur met ’n skoon handdoek sagkens daarop te druk (moenie vryf nie). Wend ’n gewone skermroom of sinksalf aan, soos Fissan of Bennetts.

As jou baba gedurig brandboudj­ies kry, beproef gerus ’n ander soort weggooidoe­k. Sommige babas se vel is sensitief vir die stof waarvan die weggooidoe­k gemaak is of die seep waarin lapdoeke gewas word. Dit kan help om sowat 125 ml asyn by jou lapdoeke se afspoelwat­er te voeg om die invloed van die chemikalie­ë in die waspoeier te verminder.

Sommige kenners reken ook dit help om baba se boudjies met rooibostee te behandel. Jy kan hom in flou rooi- bostee bad of die nat sakkies oor sy boudjies vee.

Gewone luieruitsl­ag behoort ná drie tot vier dae van behandelin­g op te klaar. As dit langer duur of ondanks jou pogings erger word, moet jy die klinieksus­ter, apteker of dokter om hulp raadpleeg.

Babas se boudjies is veral vatbaar vir bakteriese infeksie as die vel klaar effens stukkend is.

Jou baba se boudjies kan helderrooi en geswel lyk en warm voel, en gelerige nat seertjies of puisies kan vorm. Hy kan selfs koors hê. BEHANDELIN­G ’n Gewone skermroom sal nie nou help nie. Vra jou apteker vir ’n goeie antibakter­iese salf soos Bactroban. Hou baba se boudjies skoon en droog. Jou dokter sal in kwaai gevalle antibiotik­a voorskryf wat vinnig daarmee behoort klaar te speel.

SPROEI OF ’N SWAMINFEKS­IE

Brandboudj­ies as gevolg van sproei begin gewoonlik met klein rooi kolletjies wat ál meer word tot dit uiteindeli­k een groot helderrooi en opgehewe area vorm met duidelike rande en klein rooi kolletjies naby die groter rooi areas.

Die rooiheid strek tot in die voue van die vel. BEHANDELIN­G ’n Gewone skermroom en antibakter­iese salf sal nie hiervoor help nie. Raadpleeg dus jou dokter of apteker. Jou dokter sal waarskynli­k ’n swamdoder soos Nystatin voorskryf. Was jou hande deeglik ná elke doekruilin­g.

Swaminfeks­ies is dikwels algemeen by babas wat antibiotik­a gedrink het. Probeer dus om altyd vir baba ’n probiotiku­m saam met die antibiotik­um te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa