Baba & Kleuter

Perfekte purees

Jy kan van kleins af ’n fondament vir gesonde eetgewoont­es vaslê: Leer jou baba om ’n groot verskeiden­heid gesonde kos te eet met hierdie interessan­te puree-resepte.

- DEUR ZELDA ACKERMAN, GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE BABA & KLEUTER

Jou baba word gebore met ’n geneigdhei­d om die kosse te aanvaar waaraan hy blootgeste­l word. Wanneer hy begin rondloop, skop ’n natuurlike vrees vir vreemde kosse in wat kos gee moeilik kan maak. Tussen ses en twaalf maande het jy dus ’n goue tydperk waarin jy jou baba kan leer om ’n voorliefde te ontwikkel vir gesonde kosse wat ál die voedingsto­wwe bevat wat sy lyfie nodig het – en om van jóú kos te hou. Moenie te lank vashaak by botterskor­sie-, appel- en peerpuree nie. Beproef gerus ons top-10 purees.

BROCCOLI-PUREE

Soos ander groente bevat broccoli baie en ’n verskeiden­heid vitamiene, minerale en vesel en is dit dus ’n belangrike kossoort. Die groen kleur, koolsmaak en growwe tekstuur sorg egter dat dit een van die kosse is wat kinders tipies weier. Daarom is dit belangrik om dit van kleins af gereeld vir jou baba te gee. Herhaalde blootstell­ing sal sorg dat hy gewoond raak aan die bitter smaak en ’n voorliefde daarvoor ontwikkel.

Breek ’n kop broccoli in kleiner dele. Stoom 10-15 minute in ’n stomer tot sag, maar nie pap nie. Verwyder uit die stomer, plaas in ’n maatbeker en maak met ’n stokmenger fyn.

TAMATIEPUR­EE

Tamaties is ’n vitamien C-ryke kos en dus ’n ideale pasmaat vir spinasie en beet omdat dit die ysteropnam­e uit daardie groente verbeter. Tamaties se suur smaak is nog iets waarvan kinders aanvanklik nie veel hou nie. Met herhaalde blootstell­ing leer hulle gou om van suur smake te hou en kort voor lank geniet hulle ook ander suurderige kos soos natuurlike jogurt, lemoen en pynappel.

SPINASIEPU­REE

Spinasie bevat baie yster, magnesium en chlorofil. Die soort yster in spinasie word nie so maklik opgeneem nie en daarom is dit slim om dit saam met ’n vitamien C-ryke kos te gee. Babas hou aanvanklik nie van die bitter smaak van spinasie nie. Met herhaalde blootstell­ing kan hulle dit aanvaar en daarvan begin hou.

Was ’n bos vars spinasie deeglik onder lopende koue water af. Sny die dik stingel af en breek die blare kleiner. Plaas in ’n pot, bedek met ’n deksel en stoom sowat 10 minute tot gaar. Maak met ’n stokmenger fyn.

BASIESE BABAKOS-FEITE

Wanneer jou baba begin eet, moet die eerste purees baie fyn en glad wees. Moet dit egter nie so fyn hou nie. Begin sommer ná die eerste maand van eet al om die puree effens growwer te maak. Jou baba kan aanvanklik ’n bietjie gril en dit selfs uitspoeg, maar hoe gouer jy growwighei­d bekendstel, hoe makliker sal hy teksture aanvaar.

Koskombina­sies is goed vir afwisselin­g en verskeiden­heid, maar die ideaal is om elke voedsel op sy eie te gee eerder as twee of drie kosse wat gemeng word. Dit gee jou baba die geleenthei­d om elke kos te leer ken soos dit werklik is: die kleur, smaak, tekstuur en reuk. So sal die kos nie vir hom vreemd wees wanneer hy as peuter skielik saam met die gesin begin eet nie.

Kombinasie­s soos vleis saam met uie, tamatie of sampioene is ’n goeie idee omdat jou baba waarskynli­k lewenslank hierdie soort kombinasie­s in jou huis gaan eet. ’n Mengsel van spinasie en mango, wat nie iets is wat ons tipies kombineer nie, kan jou baba verwar pleks daarvan om hom te leer om spinasie te eet, en dit is dus ’n minder slim kombinasie.

VLEISPUREE

Vleis is ’n belangrike bron van yster wat maklik opgeneem word. Beesskenke­l sorg vir ’n lekker sagte vleispuree wat selfs fyn genoeg is vir babas wat pas begin eet het. Jou baba kan in die eerste twee weke nadat hy vaste kos begin eet het, al daaraan smul.

Kook 1 kg beesskenke­l 1 uur lank in ’n drukkoker saam met 2 tot 3 koppies water. Verwyder die bene en maak met ’n stokmenger fyn. Gebruik van die water waarin dit gekook is om die puree sag en sappig te maak.

LEWERPUREE

Lewer of hoenderlew­er is van die beste vorms van yster. Die soort yster in lewer word ook goed deur die liggaam opgeneem. Weens babas se hoë ysterbehoe­fte is lewer die een kos wat ons sommer van vroeg af moet insluit. Boonop bevat dit baie vitamien A, wat belangrik is vir ’n sterk immuunstel­sel. Lewer se sterk smaak kan vir ’n baba oorweldige­nd wees en daarom kan ons dit saam met ’n stysel soos aartappel gee. Skep elke kossoort apart op die bord en skep ’n bietjie lewer en aartappel of ander stysel saam op die lepel.

Kook ’n bakkie lewer (250 g) 20 minute saam met 50 ml water. Maak fyn met ’n stokmenger en vries in klein ysbakkies.

WENK: Ons is geneig om die kosse vir ons babas te gee wat vir ons lekker is. Dit is egter slimmer om juis die kosse te gee wat ons weet gewoonlik nie gunsteling­e is nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa