Baba & Kleuter

Lief vir lees

Nuut op die rak vir storiewolw­e en boekwurms.

-

’N HONGER RATEL

Die grillerige toebroodji­e is ’n storieboek met ’n kinkel. ’n Hongerige ratel wat in ’n park woon het sy oog op ’n heerlike toebroodji­e. Dié toebroodji­e word egter sanderig, stinkerig, slymerig en pap gedruk. Gaan die ratel dit steeds eet? Hierdie verhaal met sy prettige illustrasi­es en verrassend­e einde is maklik om te volg. Protea Boekhuis, R130.

KONINKRYK VAN VRIENDSKAP

In die reeks Geheime Koninkryk: Suikersoet Bakkery, Donker Doolhof, Sprokieswo­ud en Borrelvulk­aan bly een ding dieselfde: Elke boek ontsluit ’n wonderwêre­ld van vriendskap en pret. Jou beginnerle­sertjie sal dol wees oor die geheime avonture met feetjies, meerminne, konings en drie beste maats as karakters. Lapa Uitgewers, R89,99 elk.

ROOIKAPPIE MET ’N KINKEL

Grietjie en die baie honger leeu is ’n humoristie­se prenteboek. Grietjie is op pad om by haar tannie Poppie te gaan kuier, maar sien nie dat ’n baie honger leeu haar dophou nie. Die leeu se plan is om vir tannie Poppie en Grietjie op te eet, maar Grietjie uitoorlê hom met slim planne. Lapa Uitgewers, R109,99.

LEER VAN …

Haas Das leer ons van teenoorges­teldes, Sarel Seemonster leer ons van kleure, Karel Kraai leer ons van syfers en Bennie Boekwurm leer ons van vorms is almal interaktie­we kartonboek­e vol oefeninge en speletjies wat jou kleuter by die huis besig hou. Gebruik die pen om op die bladsye te skryf, vee dit eenvoudig agterna skoon en speel weer die volgende dag. Human & Rousseau, R135 elk.

AFRIKA-DIERERYK

Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestori­es is ’n heerlike dik storieboek met volksverha­le spesiaal vir kinders. Titels soos “Waarom dra Skilpad sy huis op sy rug rond?”, “Hoekom staan Flamink partykeer net op een been?” en “Waarom Skaap so wollerig is” maak ’n mens sommer lus vir verder lees. Lapa Uitgewers, R179,99.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa