Vloerstuipe OF IETS ANDERS?
’n Sensoriese breekpunt en vloerstuipe kan maklik met mekaar verwar word as jy nie die verskil ken nie. Kenners verduidelik waarom jy dié twee nie oor dieselfde kam moet skeer nie.
Michelle Bezuidenhoudt* van Johannesburg is bekommerd. Haar driejarige dogtertjie het vir die soveelste keer so ’n geweldige woede-aanval gekry dat haar ma skoon wonder of sy nie professionele hulp moet inroep nie. Is wat sy voorheen as vloerstuipe afgemaak het, dalk ’n teken van ’n dieperliggende probleem?
“Nou die dag in ’n bedrywige restaurant het dit weer gebeur, en niks wou help nie. Sy het byna van die stoeltjie afgeval en my koffie omgestamp sonder om dit eens agter te kom. ’n Man het verbygestap en gemompel dat my kind ’n goeie loesing kort.
“Ek is maar met haar daar uit, maar dit val my op dat sy haar veral op raserige plekke so gedra.”
Die Johannesburgse arbeidsterapeut Jeane Kolbe sê sy sou vir Michelle aanraai om professionele hulp te gaan soek. “Dit kan wees dat haar dogtertjie oorweldig gevoel het weens probleme met sensoriese verwerking.”
Die verskil tussen vloerstuipe en sensoriese probleme is dat ’n kind gewoonlik vloerstuipe kry omdat ma of pa nee gesê en sy nou baie kwaad of gefrustreerd daaroor is.
’n Kind wat ’n sensoriese breekpunt het, kan dit nie beheer nie. Dit gebeur wanneer daar te veel sensoriese inligting is wat verwerk moet word en dit is ’n direkte gevolg van die omgewing waarin die kind haarself bevind.
WAT IS SENSORIESE VERWERKING?
Elize Janse van Rensburg, ’n arbeidsterapeut van Bloemfontein, verduidelik: “Dit is ’n proses wat outomaties in die brein ontstaan en waarvan ons meestal onbewus is. Dit het te doen met die manier waarop die brein inligting verwerk wat ons deur ons sintuie verkry. Ons verwerk elke dag sensoriese inligting met elke ding wat ons doen. Dit maak dit vir ons moontlik om aan daaglikse aktiwiteite deel te neem.”
Die proses wat in die brein plaasvind, het drie afdelings: • REGISTRASIE van sensoriese inligting. Dit is wanneer jy bewus word van inligting wat jy met jou sintuie inneem. Elkeen van ons het verskillende drempels waarteen ons sensoriese inligting registreer. Lae drempels beteken ons is meer sensitief vir daardie soort sensasie, terwyl hoë drempels beteken ons is minder sensitief of dit duur langer voor ons daardie soort sensasie registreer. • AANPASSING van die intensiteit van die sensoriese inligting deur die brein. Die brein tree as ’n filter op deur jou aandag op belangrike insette te fokus terwyl dit minder belangrike inligting filtreer sodat jy nie daaraan aandag hoef te gee nie. • INTERPRETASIE of persepsie van die inligting wat ontvang word. Dis die stadium van sensoriese verwerking waar die brein die eienskappe van die sensoriese inligting wat dit ontvang onderskei en betekenis daaraan heg. Dié interpretasieproses laat ons byvoorbeeld toe om te weet ’n drukkie voel anders as ’n stamp, of om te kan rondvoel in ’n skooltas en
As jy ’n sensoriese breekpunt soos vloerstuipe hanteer, is dit sleg vir jou en jou kind.
Jou kind sal sukkel om te verstaan hoe om aan jou verwagtinge of grense te voldoen, want sy kan haar uitbarsting glad beheer nie. ’n potlood eerder as ’n liniaal uit te grawe. Probleme met sensoriese verwerking kan in enige of ’n kombinasie van die drie “afdelings” voorkom. Die probleme word in twee groepe gedeel.
PROBLEME MET REAKTIWITEIT hou verband met die prosesse van registrasie en aanpassing. Wanneer ’n kind “oorreaktief” is vir sensoriese inligting, beteken dit haar stelsel is sensitief daarvoor. Omdat sy sensoriese inligting meer intens beleef as ander en dikwels sukkel om dit te filtreer, word sy maklik deur sensoriese inligting oorweldig. As ’n kind “onder-reaktief” vir sensoriese inligting is, beteken dit dat sy meer intense sensoriese insette nodig het om inligting te registreer, of dat die registrasieproses vir haar langer duur. PROBLEME MET SENSORIESE PERSEPSIE en die gebruik van sensoriese inligting in die organisering van gedrag. Dit hou verband met die proses van interpretasie. As ’n kind sukkel om te weet hoe hard sy haar potlood moet vashou om te kan skryf, kan sy onnodig hard daarop druk en gouer moeg word as ander wanneer sy skryf. As sy sukkel om inligting van haar liggaamsintuie soos die sin van liggaamsbewustheid (propriosepsie) en beweging (vestibulêr) akkuraat te interpreteer, kan dit vir haar moeilik wees om te weet hoe om haar lyfie regop te hou wanneer sy by die tafel sit, of om haar balans te handhaaf wanneer sy leer fietsry.
“Behalwe dat jul verhouding kan skade ly, kan jou kind maklik voel sy stel jou teleur. Later in haar lewe kan sy selfs selfbeeldprobleme hê.
“Om alles te kroon word die onderliggende probleem nie behandel nie,” sê Jeane.