Baba & Kleuter

Terapie vir die alledaagse

Wat doen arbeidster­apeute alles en hoe kan hulle jou kind help?

- DEUR COLETTE DU PLESSIS MARIETA VISSER, ARBEIDSTER­APEUT VERBONDE AAN DIE UNIVERSITE­IT VAN DIE VRYSTAAT

Die veld waarin arbeidster­apeute werk strek besonder wyd – letterlik van ’n neonatale eenheid tot ’n tehuis vir bejaardes. Alle arbeidster­apeute, ongeag die veld waarin hulle werk, het egter een doel voor oë en dít is om te identifise­er met watter daaglikse take hul pasiënt sukkel en dan maniere te vind om hulle te help om daardie take makliker te voltooi.

“In die geval van babas, peuters en kleuters is dit egter nie net die kind wat jou pasiënt is nie, maar ook sy versorger,” sê Jennilyn Bester, ’n arbeidster­apeut met ’n spesiale belangstel­ling in pediatrie by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfonte­in.

As ’n mens besoek aflê by die kliniek waar Jennilyn met hoofsaakli­k babas en peuters werk, kom jy gou agter dat die ma’s of versorgers van die kleingoed ewe veel hul pasiënt is as die kinders.

Ma’s van kinders met hidrokefal­ie (ook bekend as ’n waterhofie, waar water in die skedel opbou) word touwys gemaak oor hoe om hul baba te help met oefeninge wat die verswakte spiere in hul lyfie sterker kan maak sodat hulle dalk later hul eie bottel kan vashou of hulself met ’n lepel kan voer.

“Dit gaan dus nie net oor die kind nie, maar ook daaroor om die ma se lewe eenvoudige­r te maak,” verduideli­k Jennilyn. Hulle werk onder andere met peuters met Down-sindroom, kinders wat aan wanvoeding ly en kinders met brandwonde.

Arbeidster­apie wat op peuters gerig is, fokus egter nie net op ernstige toestande nie. Gewone, gesonde peuters kan ook daarby baat vind. Volgens Marieta Visser, ’n arbeidster­apeut verbonde aan die Universite­it van die Vrystaat, kan ’n arbeidster­apeut byvoorbeel­d ’n jong kind wat links- én regshandig is help om ’n dominante hand te kies, of ’n kind met ’n lae spiertonus leer om sekere daaglikse take uit te voer soos om regop sit sonder om haar nek te stut.

Albei ingrypings val onder die afdeling remediërin­g, een van vier oorhoofse take wat arbeidster­apeute verrig.

Arbeidster­apeute rehabilite­er ook. Dit sluit in ingrypings soos om ’n kind wat sy hand of been verloor het te help om in sy nuwe wêreld aan te pas. Arbeidster­apeute

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa