Baba & Kleuter

AS DIE ROOI LIGTE FLITS

-

Ideaal gesproke moet alle kinders voor vyf jaar oud een keer by ’n arbeidster­apeut uitkom.

Hoewel alle peuters by arbeidster­apie kan baat vind, is dit ongelukkig nie altyd haalbaar dat almal ’n terapeut te sien kry nie – soms is daar nie terapeute naby jou nie of kan julle dit nie bekostig nie. Moet egter nie die besoek uitstel nie as: • Jou baba onder ’n jaar nog sukkel met groot motoriese mylpale soos omrol, sit en kruip. Dit alles is belangrik vir die ontwikkeli­ng van spiertonus in die nek en arms. Dit kan baie help om jou baba wat teen 10 maande nog nie kruip nie na ’n arbeidster­apeut te neem. Sy sal hom evalueer en dalk oefeninge voorskryf. • Jou peutertjie geneig is om aan tafel op haar arms te lê. Dit kan ’n simptoom van lae spiertonus wees. Ander tekens van lae tonus is as kleintjies baie lomp voorkom en gereeld val. As hulle baie hard op hul kryte druk het hulle dalk ook lae tonus. Hul lyfie voel nie stabiel nie en hulle gebruik die kryt as ’n soort stut. As dit nie reggestel word nie, kan jou kind se fyn motoriese vaardighed­e later ingeperk word. Lae spiertonus veroorsaak ook soms dat peuters in hul stoele wieg om hul tonus te probeer reguleer. Kinders wie se gewrigte verder kan buig as meeste ander kinders s’n, is soms ook geneig tot lae tonus. • Jou peuter tussen een en vier nie soos ander peutertjie­s hou van eksperimen­teer met groot speelappar­ate (soos glyplanke en klimrame) en speelgoed nie. As sy altyd wegdeins van vreemde teksture en smake of besonder oorsensiti­ef voorkom vir klanke, reuke of visuele insette, sukkel sy moontlik met sensoriese integrasie – iets waarmee arbeidster­apeute baie kan help. Ander tekens om voor uit te kyk is ’n peuter wat nie hou van kaalvoet loop nie. • Sy nie daarvan hou om dinge uit te pak en om te krap en dan weer op te bou nie. Hierdie sogenaamde oorgang van destruktie­f na kreatief is ’n belangrike ontwikkeli­ngsmylpaal. • Jou peutertjie besonder apaties is en haar meestal van ander kinders isoleer. Peuters wat duidelik nie van vertroetel­ing hou nie kan ook baat vind by arbeidster­apie. Sommige peuters reageer op ’n ander manier in groepe deur ander altyd te stamp en stoot. Ook hiér kan ’n arbeidster­apeut help met ’n evaluasie. • Jou drie- of vierjarige blykbaar nie in staat is om lank stil te sit nie of regtig sukkel om opdragte uit te voer en speletjies te verstaan. Hoewel ontwikkeli­ngsmypale soos dié eers vanaf vier- tot sesjarige ouderdom belangrik word, kan jy tog in die peuterjare al vroeë tekens van ‘n probleem raaksien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa