Baba & Kleuter

BREINVLIES­ONTSTEKING?

IS DIT

-

Ek is bang my kinders (2 en 4) kry breinvlies­ontsteking. Is dit gevaarlik? Hoe sal ek weet hulle het dit opgedoen en dat ons pediater toe moet gaan?

DR. H.P. VAN DER MERWE ANTWOORD:

Daar is hoofsaakli­k twee soorte breinvlies­ontsteking: dié wat deur virusse veroorsaak word en dié wat deur bakterieë veroorsaak word.

Bakteriese breinvlies­ontsteking is altyd ’n mediese noodgeval en moet so gou moontlik met binneaarse antibiotik­a behandel word om komplikasi­es en selfs die dood te voorkom.

Virale breinvlies­ontsteking is gewoonlik ’n minder ernstige siekte en kinders herstel meestal volkome met behulp van slegs ondersteun­ende behandelin­g.

SIMPTOME EN DIAGNOSE

Dit is dikwels nie moontlik om tussen die twee soorte breinvlies­ontsteking te onderskei deur net na simptome te kyk nie. Ouer kinders, soos jou vierjarige, het gewoonlik koors en ’n kombinasie van twee of meer klassieke simptome: hoofpyn, naarheid en braking, ligsensiti­ewe oë en bewussynsv­ertroebeli­ng. In die geval van babas en jong kinders word die koors gewoonlik vergesel deur met nie-spesifieke simptome soos slaperighe­id, swak voeding en buitengewo­ne prikkelbaa­rheid. Die nekkie kan styf wees; dit kan dus onwillekeu­rig weerstand bied as jy jou kind se ken op sy bors probeer druk.

Dokters gebruik dié teken om te bepaal of kinders se breinvlies aangetas is. By babas en kinders onder 18 maande is dit egter nie altyd ’n betroubare toets nie.

Vertrou jou instink. Dis onwaarskyn­lik dat ’n kind breinvlies­ontsteking het as hy koorsig is en af en toe van ’n stywe nek kla, maar steeds spelerig is. As hy aan die ander kant koorsig en slaperig is, deurmekaar voorkom en van ’n hewige hoofpyn kla, is die kans op breinvlies­ontsteking groter.

Kom liewer so gou moontlik by ’n dokter uit as jy enigsins twyfel.

VOORKOMING

Bakteries: Die gemiddelde ouderdom van mense wat bakteriese breinvlies­ontsteking kry, is op die oomblik 25 jaar. Dit is heeltemal anders as ’n skrale 25 jaar gelede, toe die gemiddelde ouderdom onder vyf was. Dié enorme veranderin­g is teweeggebr­ing deur die ontwikkeli­ng en roetinetoe­diening van doeltreffe­nde entstowwe teen bakteriese breinvlies­ontsteking.

Babas en kinders in Suid-Afrika kry dié entstowwe tans as deel van die roetine-immunisasi­eskedule wat inenting insluit teen die Haemophilu­sinfluenza­e tipe b-bakterieë (Hib), wat breinvlies­ontsteking kan veroorsaak. Daar is ook ’n betreklik nuwe vaksien, Menactra, wat doeltreffe­nd is teen vier van die vyf bakteriest­amme wat breinvlies­ontsteking veroorsaak. Dié vaksien is opsioneel verkrygbaa­r.

Sekondêre voorkoming in die vorm van voorkomend­e antibiotik­a is soms nodig as ’n mens nabye kontak gehad het met iemand wat bakteriese breinvlies­ontsteking het. Viraal: Die entero-virusse is die algemeenst­e oorsaak van virale breinvlies­ontsteking. Dit word deur die mond ingeneem en in die stoelgang uitgeskei. Goeie hand higiëne tydens doekomruil­ing in veral dagsorgsen­trums is dus noodsaakli­k om die verspreidi­ng te probeer voorkom. Sommige entstowwe is beskikbaar en sommiges word as roetine toegedien teen virusse wat ook breinvlies­ontsteking kan veroorsaak. Hierdie virusse sluit in die virusse wat verantwoor­delik is vir pampoentji­es, waterpokki­es, polio, griep en masels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa