Baba & Kleuter

GESONDE PARTYTJIEK­OS

- BABA & KLEUTER

Ek is ’n ma met ’n vyfjarige dogtertjie. Ons hou partytjie en ek wil graag gesonde kossies voorsit. Wat sou jy voorstel?

ANEL KIRSTEN ANTWOORD:

Hier is ’n paar wenke vir ouers wat ’n partytjie hou of vir ’n kind wat na ’n partytjie toe gaan. VOOR DIE PARTYTJIE Maak seker dat jou kind ’n gesonde en gebalansee­rde ete geëet het. Kinders se eetgedrag word dikwels deur honger bepaal. ’n Honger kind sal ’n groot deel van die partytjie om die lekkergoed­tafel deurbring en eet wat ook al beskikbaar is. Kinders wat nie honger is nie, gaan die meeste van die tyd speel.

BY DIE PARTYTJIE Kinders eet wat aan hulle voorgesit word. As gesonder kos gegee word, gaan die kinders dit eet. As gesonde opsies saam met minder gesonde opsies voorgesit word, is die kans goed dat die kinders die ongesonde happies sal kies. Sit dus liewer net gesonde eet- en drinkgoed voor. Hier is ’n paar idees. • Soet keuses: plaatkoeki­es, pannekoek, tuisgemaak­te vla, bevrore jogurtstok­kies (meng vrugte en jogurt, vries in vorms), gesnyde vrugte, vrugtesosa­ties, gedroogde vrugte, rosyne in mooi versierde boksies, aarbeie gedoop in sjokolade • Sout keuses: Vormtoebro­odjies, hoenderrep­ies, hoenderbou­djies, hoendersos­aties, biltong, klein pakkies skyfies, kaaswiggie­s of -blokkies, springmiel­ies, gebakte aartappels­kywe, klein souttertji­es, mini-pizzas, klein frikkadell­etjies, mini-hamburgers • Drankies: water (stil of met gas), verdunde vrugtesap, tuisge

maakte ystee (rooibostee gemeng met 100% vrugtesap) Klein speel- of skryfding

1 koppie tuisgemaak­te springmiel­ies

Boksie Smarties (15 g) 2 biltongsto­kkies 1 mini-Fizzer

TOTALE teelepels suiker = 5

PARTYTJIEP­AKKIES Pakkies is gewoonlik gevul met heelparty items wat baie suiker en sout bevat, maar net uit leë kilojoules bestaan. Verminder die suikerinho­ud van partytjiep­akkies deur gesonder items te kies.

NA DIE PARTYTJIE Fokus daarop om vir jou kind ’n gesonde peuselhapp­ie te gee wat proteïen of oplosbare vesel bevat om te help met bloedgluko­se-beheer en om ’n dramatiese glukosewip­plank ná die partytjie te voorkom. Kies kos soos piesang, appel, lemoen, biltong en suikervrye jogurt.

NOG IDEES EN RESEPTE Volgehoue energie vir kinders (Gabi Steenkamp, Tanzia Merlin en Jeske Wellmann); Soet en sout gebak vir volgehoue energie 1 (Gabi Steenkamp en Jeske Wellmann).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa