Baba & Kleuter

Gaan in VREDE

Babas en kinders is in die algemeen nie goeie reisigers nie. Doen alles wat jy kan om jul vakansieri­t vir hulle lekkerder (en veiliger) te maak.

- DEUR NIA VISAGIE

• WEEG JOU KINDERS en maak seker hulle is nog in die regte stoeltjie-groep vir hul gewig. Indien nie, koop ’n nuwe stoeltjie voor julle vertrek. Maak doodseker die stoeltjies is heeltemal korrek geïnstalle­er. Almal wat saamry, moet weet dat julle almal altyd jul veiligheid­sgordels dra en altyd in die motorstoel­tjies bly – geen uitsonderi­ngs nie. Dis immers wet. • SKAF SKADUKOUSE AAN vir die vensters. Son wat direk op ’n kind skyn kan hom miserabel maak. • HOU JOU NOODHULPTA­SSIE en medikasie in die motor. Onthou karsiekmed­ikasie, want kinders is maar daartoe geneig om dit te kry. Praat vooraf met jou apteker daaroor en maak seker jy weet wat die regte dosis vir jou kind se ouderdom en gewig is. • SORG DAT DAAR AFVEELAPPI­ES in die motor is, ’n pak vogdoekies, en ook ’n klein handdoek vir glipsies en plastieksa­kke om enige gemors in te bêre. • SKAF VIR JOU KIND ’N PAAR NUWE STUKKE SPEELGOED AAN om haar tydens die reis besig te hou. Neem ook ou gunsteling-speelgoed saam. Gesels gerus met jou kind oor wat hulle wil saamvat. MAAK SEKER AL JUL ELEKTRONIE­SE TOERUSTING se batterye is vol gelaai, of belê in ’n ekstra battery. • SORG DAT JULLE GENOEG KONTANT

het vir tolhekke. • BESIN MOOI OOR DIE ROETE EN REISTYD. Kleuters kan werklik nie meer as ses uur in ’n motor uithou nie. As jul rit langer gaan wees, beplan om oor te slaap. Daar word in elk geval aanbeveel dat jy elke twee uur of 200 km stilhou vir ’n blaaskans. Doen dit! Kyk vooraf na die padkaart om te besluit waar veilige plekke is. MOENIE TAAI EETGOED EN DRANKIES INPAK as jy heilig oor jou motor is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa