Baba & Kleuter

WAT JY MOET PAK

-

NIE TE VEEL NIE! Jy kan altyd ’n paar goedjies uitspoel terwyl jy met vakansie is. Maar moet ook nou nie so min pak dat jy elke tweede dag moet klere was nie. Pak lekker ligte klere in, met twee warmer uitrusting­s vir koel aande of wanneer dit reën. Twee pare skoene vir elk – soos tekkies en plakkies – is heeltemal voldoende. Neem ekstra HANDDOEKE, ’n KOMBERS of twee en gunsteling­KUSSINGS saam as julle plek het. Veral klein kindertjie­s voel veilig wanneer hulle hul eie kombersies op vreemde plekke het. Kry vir jou ’n goeie NOODHULPTA­SSIE met al die noodsaakli­khede vir ’n noodgeval: verbande, ontsmetmid­del, middels vir brandwonde en so meer. Pak ook medikasie soos anti-diarreemid­del, ’n pyn- en koorsstroo­p, oor- en oogdruppel­s en enige chroniese medikasie in. Neem ook insekweerd­ers, ’n strelende salfie vir byte en antihistam­iene saam. Insekte is meer aktief in die warm weer. Kyk of julle voor die vakansie almal by die TANDARTS kan uitkom. Niks bederf ’n vakansie soos ’n kind wat tandpyn kry op ’n vreemde plek nie. SONBRANDMI­DDEL is ’n moet, so ook room wat jy op sagte velletjies kan smeer indien die son hulle dalk piets. Moet ook nie hoede vergeet nie! Sorg dat jou kind ’n beskermend­e baaikostuu­m het, asook ’n goeie swemgordel wanneer julle gaan swem. Onthou dat baie dinge dikwels duurder op vakansiedo­rpe is, veral op klein plekkies. As jy kan, pak dus genoeg WEGGOOIDOE­KE, FORMULEMEL­K en NIE-BEDERFBARE KOS in. As julle nie te ver reis nie, kan jy selfs bevrore produkte soos vleis in ’n koelsak saamneem. ’n VEILIGHEID­SHARNAS is nuttig as jy weet jou kind is geneig om weg te dwaal. Verder is ’n swem-drasak baie gerieflik – jy sit jou kind in die drasak terwyl jy swem en jy weet sy is altyd veilig. Dit maak dit ook makliker vir kinders wat bang is vir water. PAK DIE KERSGESKEN­KE SKELM IN WANNEER DIE KINDERS GAAN SLAAP HET.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa