Baba & Kleuter

OPGEPOF na my keiser

- E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. BABA & KLEUTER

Ek het pas ’n keisersnee gehad en my voete en bene swel vreeslik. Dis ook baie ongemaklik. Moet ek my dokter bel? Wat veroorsaak dit en hoe lank gaan dit so bly?

DR. JP DU BUISSON ANTWOORD:

Baie geluk met die nuwe aankomelin­g. Ek neem aan jou bloeddruk was nie ’n probleem tydens die swangerska­p nie. Indien jy wel probleme met jou bloeddruk gehad het, is dit ’n goeie idee om jou dokter te bel.

As net een van jou bene geswel is en jy ook kuitpyn het, kan dit beteken daar is ’n bloedklont in jou been en is dit weer eens beter om jou dokter te kontak.

Die swelling van die voete én onderbene is heeltemal normaal. As albei voete geswel is, het dit waarskynli­k te make met die vogverskui­wings wat plaasvind ná die geboorte van ’n baba. Jy het mos omtrent ’n liter “meer” bloed terwyl jy swanger is sodat jy die geboorte kan oorleef. Al hierdie ekstra vog moet dan ná die geboorte van die baba gemobilise­er word en word uiteindeli­k as urine uitgeskei. Aanvanklik kan dit ’n bietjie uit die bloedvate lek en dan as edeem of swelling in jou laagste dele – jou voete en ook jou onderrug – eindig. Van hier af raak jy stadig daarvan ontslae.

Dit kan 10 tot 14 dae duur voor jou voete afswel. Dit sal natuurlik help om jou voete ’n bietjie op te lig as jy sit of lê. In gevalle waar die swelling erg is, kan dit baie ongemaklik wees en styf voel.

Natuurlik beteken dit alles dat jy in die eerste dae ná die verlossing meer as gewoonlik piepie. Iemand wat swanger was, voel nie lekker as haar blaas vol is nie – maak dus ’n punt daar van om jou blaas gereeld te ledig om te keer dat dit erg rek. So nie, kan jy later jare blaasprobl­eme hê.

Geniet die baba en onthou om gereeld te piepie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa