Baba & Kleuter

SUPERKOEL SOMERMAMMA

-

KOEL, EKSOTIESE DRANKIES

Swangerska­p laat ’n mens meer sweet, en swangerska­p in die somer laat mens nóg meer sweet. Dit is dus noodsaakli­k om genoeg vloeistoww­e in te neem. Ontwaterin­g is niemand se speelmaat nie, en ook nie goed vir jou baba nie. Tekens dat jy ontwater sluit in ’n groot dors, droë lippe en vel, moegheid en hardlywigh­eid. As jou urine nie ’n baie ligte geel is nie, drink jy ook nie genoeg nie.

Meng gerus vir jou ’n nie-alkoholies­e mengeldran­kie. Versap ’n glas lemoensap, ’n stuk komkommer en ’n paar kruisement­blare saam. Giet dit oor ysblokkies en geniet.

’n Mengsel van natuurlike jogurt, yswater en vrugtesap van jou keuse (1:1:1) is ook baie verfrissen­d.

As jy moeg is vir water, maak ystee met rooibos, suurlemoen­sap en heuning.

Maak ysblokkies waarin kruisement­blare opgekap is en voeg dit by jou water of sap.

JOU EIE MOBIELE VERKOELER SAAM

Maak ’n sproeibott­eltjie vol koel water gemeng met rooswater of laventel en spuit veral jou gesig en voete met die fyn missproei as jy warm kry. Dit sal jou ontspanne en verfris laat voel en boonop lekker laat ruik. Jy kan die botteltjie oral met jou saamdra.

’n Minder gesofistik­eerde weergawe is ’n koel, klam waslap wat oornag in die vrieskas was, wat jy agter teen jou nek of teen jou voorkop kan hou as die hitte jou onderkry. Dit help om jou liggaamste­mperatuur effens te verlaag.

Oorverhitt­ing is ’n wesenlike gevaar as jy swanger is. Tekens van hitte-uitputting sluit in moegheid, swakheid, naarheid, spierkramp­e en dat jy wil flou word of duiselig voel.

EN KAAL, LIG EN LOS

Die laaste ding wat jy nou nodig het, is klouende klere wat oor jou bultende boep span en jou nóg groter laat voel. As jy ’n mooi magie het, kan jy gerus uithaal en wys. So nie is die sleutel gemaklike style in natuurlike stowwe soos katoen, linne en sy. Natuurlike stowwe laat lug deur, help jou om koel te bly en keer ook dat jy nie te veel sweet en so dalk ’n hitte-uitslag op ongemaklik­e plekke soos onder jou bors of tussen jou bobene opdoen nie – iets wat algemeen tydens swangerska­p voorkom.

Veral onderklere kan ’n verskil aan jou gemak maak. As jou bra’s en broekies al knyp, belê gerus in spesiale kraam-onderklere soos dié van Carriwell – jy sal nie spyt wees nie.

Rokke is ook gemakliker as klere in twee stukke, want met ’n rok druk niks jou in jou middel nie.

IN DIE WATER

Swem sal jou nie net koel hou nie, dis ook die perfekte someroefen­ing vir jou en jou magie en sal keer dat jy dalk oorverhit terwyl jy probeer fiks bly vir die kraamslag. Dit haal ook die gewig van jou bene af.

Oorweeg ook water-aërobiese klasse vir swanger vroue.

As jy nie toegang tot ’n swembad het nie, oefen op die koel tye van die dag soos soggens vroeg of smiddae baie laat, en koel agterna in die stort af.

Chloor kan jou vel en hare baie uitdroog. Vryf opknapper in jou hare voor jy swem en skaf ’n vars lyfroom aan om agterna te smeer.

’N KOEL OASE IN JOU HUIS

Skep een kamer in die huis wat ultrakoel is. Kies ’n kamer wat suid kyk, want dit sal die minste son kry. Hou die gordyne heeldag toe sodat die hitte buite bly en versier die vertrek met koel kleure soos wit, lemmetjieg­roen, blou, pienk en groen. Hou die lugverkoel­ing heeltyd op sy koudste verstellin­g of sit ’n waaier neer met ’n bak water daarvoor. Jy kan ook roosblare of jasmyn in die water sit om jou te help ontspan. Trek ’n lekker los kaftan aan, sit komkommers­kyfies uit die yskas op jou oë en jy voel sommer gou soos ’n lentebries!

JOU VOETE

As jou voete warm kry, sal jy ook warm kry! Swangerska­p is nie die tyd vir hoë hakke en toe skoene nie – daar is gelukkig baie byderwetse plathak-somersanda­le beskikbaar sodat jy steeds elegant kan lyk. Bederf jou met ’n pedikuur by jou naaste spa.

Belê ook in ’n voetspa, of vul ’n klein skotteltji­e met koel water met ’n bietjie sout daarin. Sit albasters onderin en vryf jou voete daaroor vir ’n lekker voetmasser­ing.

Hoewel die meeste swanger vroue se voete en enkels in die laaste trimester weens ’n toename in bloedvolum­e matig swel, sal die somerhitte dié toestand vererger omdat die liggaam dan nog meer vloeistof terughou. Een van die beste teenvoeter­s is om gereeld met jou voete omhoog te sit. As jou voete of ander dele van jou lyf steeds baie geswel bly, bespreek dit met jou ginekoloog. Dit kan ’n teken wees van preëklamps­ie, wat baie gevaarlik kan wees.

Help limfdreine­ring aan deur jou lyf elke oggend met ’n droë borsel te borsel voor jy in die stort klim. Begin by jou voete en borsel altyd in die rigting van jou hart.

As dit baie warm is, onthou om soggens jou ringe af te haal sodat dit nie later in die dag vassit nie. As jou hande kaal voel sonder ringe, kan jy jou naels ’n helder kleur verf om daarvoor te vergoed.

AF MET KRUISEMENT

Kruisement­gegeurde produkte skep die illusie van ’n koel briesie. Suig aan pepermente, drink ystee met kruisement­blare en kies lyfprodukt­e met ’n kruisement­geur. Sit ’n bak water met ’n druppel kruisement­olie in voor ’n waaier neer om ’n vertrek af te koel.

KOUE KOS, SKAT

Eet gereeld klein maaltye sodat jy nooit oorvol voel nie. Prop jou somerspysk­aart vol vrugte, bessies, slaai en groente. Koue maaltye wat steeds voedsaam en vullend is, kan gekookte eiers of koue hoendervle­is insluit. Jy kan ook jou eie suigysies maak deur sap te vries.

DIT AF!

’n Kort, praktiese nuwe haarstyl sal jou nek koel hou en sommer wip in jou stap sit. As jy dit ooit oorweeg het om kortpad te kies, is dit nou die tyd!

 ??  ?? Tenktop deur Cotton On, R199.
Tenktop deur Cotton On, R199.
 ??  ?? Kortbroek deur Cotton On, R250.
Kortbroek deur Cotton On, R250.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa