Baba & Kleuter

Kyk praat! wie

Spraak- en taalontwik­keling is van die grootste mylpale wat jou kind bereik, en jy kan baie doen om haar te help om ’n top-babbelbek te word.

- DEUR SHANDA LUYT

Dit is soeter as soet as jy daardie eerste woordjies uit jou kleinding se mond hoor. En terwyl dit jou hart vermurwe, is dit ook die begin van ’n splinternu­we fase vir jul verhouding, want van nou af sal jou kleinding ál duideliker kan sê wat sy van jou wil hê. Dit gebeur egter nie oornag nie en ook nie sonder ’n goeie kwota frustreren­de oomblikke nie ...

Mariska van Aswegen, ’n spraaktaal­terapeut van Gauteng, sê dit is belangrik om te onthou dat ’n peuter ontwikkel op die gebied van spraak sowel as taal.

“Taal is reseptief (taalbegrip) en ekspressie­f (taalgebrui­k). Spraak verwys na die fisieke klanke wat ons hoor.”

Terwyl jou baba dus al lank besig was om taalbegrip te ontwikkel en woordjies te verstaan, duur dit heelwat langer voor sy taal self kan gebruik.

1 JAAR = EERSTE WOORDJIES?

Hoewel sommige kleingoed al van so vroeg as agt maande hul eerste woorde kan sê, begin die meeste kinders eers teen hul eerste verjaardag verstaanba­re klankies maak. Herhalende geluide soos “ma-ma”, “pa-pa” en “ta-ta” is algemene eerste woorde wat ouerharte oor die wêreld heen laat smelt. Daar is egter ook kinders wat eers op 18 maande hul eerste woordjies sê.

Ná hierdie deurbraak sal jou kleinding elke dag meer woorde baasraak en begin om in eenwoord-sinne te praat, wat ’n verskeiden­heid dinge kan beteken afhangende van die konteks. “Bal” kan beteken sy wil die bal gooi of skop, jy moet die bal vir haar gee of jy moet net daarna kyk. Sy sal ’n woordeskat van sowat 10 tot 20 woorde hê wat sy gebruik om te verwys na mense, dinge en gebeure wat in haar lewe belangrik is.

Jy kan verwag dat baie van haar woordjies dikwels onvolledig­e of effens verdraaide weergawes van die ware Jakob sal wees, soos “ma” pleks van “ouma” en “toe” pleks van “stoel.” Soms wys sy eenvoudig net na iets. Sy reageer goed op haar eie naam en verstaan eenvoudige opdragte.

18 MAANDE TOT 2 JAAR

Sodra jou aspatat sowat 50 woorde ken, ontplof haar woordeskat skielik en leer sy maklik tot 10 woorde per week by.

Teen sowat 18 maande of twee jaar begin sy tweewoord-sinne gebruik, soos “mamma sak”. Dit kan weer eens ’n verskeiden­heid betekeniss­e hê, soos “mamma het ’n mooi sak” of “kyk in mamma se sak”.

Woordgebru­ik kan steeds onvolledig of verdraaid wees en jy sal soms mooi moet luister om te verstaan wat sy bedoel.

Teen twee jaar oud behoort vreemdelin­ge sowat die helfte van haar woordjies te kan verstaan en behoort sy al gereeld twee- en selfs driewoord-sinne te gebruik.

Jou kleinding kan ook nou eenvoudige sinne goed begryp, opdragte uitvoer en op eenvoudige vragies reageer.

2 TOT 3 JAAR

Nou ontwikkel jou kleinding se taal met rasse skrede en word sy ’n regte babbelbekk­ie. Sy spreek gewoonlik nog nie al haar woorde reg uit nie.

Teen drie jaar oud behoort sy al driewoord-sinne te gebruik. Meer ingewikkel­de grammatika-konstruksi­es soos die gebruik van voorsetsel­s (op, onder), voornaamwo­orde (ek, sy, jy) en selfs meervoude kom ál meer voor en julle kan volwaardig­e tweerigtin­g

gesprekke met mekaar begin voer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa