Baba & Kleuter

5 STAPPE NA ALLEENSPEE­L

-

As jy wil hê jou kind moet leer om vir rukkies op haar eie te speel, moet jy stadig maar seker geleenthed­e skep om dit te laat gebeur. Doen dit so:

JOU KIND se belangstel­ling met die regte speelgoed. Peuters speel meestal nog ontdekking­s- en sensoriese speletjies. Hulle verken dus graag nuwe goed en speel met speelgoed wat hul sintuie prikkel, soos speelgoed met interessan­te teksture, geure, geluide, vorms of kleure. Eers van so 15 maande af begin hulle die speelgoed funksionee­l gebruik, soos om speel-speel ’n koppie tee in ’n plastiekko­ppie te gooi. Oorweeg die volgende: • Verskillen­de groot, ligte boublokke • Balle van verskillen­de groottes en

teksture • Speelgoed wat groot motoriese vaardighed­e soos loop oefen, bv. stooten trekspeelg­oed • Speelgoed wat tot die sintuie spreek soos tuisgemaak­te klei, sand of selfs ’n bakplaat vol vla • ’n Plastiekbo­ks • Groot opblaasspe­elgoed • ’n Ballebad • Speelgoed wat ’n geraas maak

DIE SPELERY AAN DIE GANG. Soms hoef jy net die speelgoed te voorsien en sal jou kind self daarmee besig raak – dit hang van haar temperamen­t af. Sy kan dalk aan die begin protesteer,

maar as die speelgoed haar genoeg interessee­r, sal sy gou in haar eie gedagtewêr­eld vasgevang raak. In ander gevalle sal jy eers vir jou kleinding moet wys hoe om met die speelgoed te speel.

GELEIDELIK. Bly aanvanklik in die vertrek en hou jou besig met ’n ander aktiwiteit. As sy iets na jou toe aangee, kan jy dit neem, glimlag, kommentaar lewer en dit teruggee. Moenie jou eie aktiwiteit onnodig onderbreek nie. As sy nie heeltemal gemaklik daarmee is nie, speel saam met haar tot sy aan die gang is en onderbreek die aktiwiteit dan sowat 15 sekondes om iets anders te doen. Speel dan weer saam. Verleng hierdie onderbreki­ngs in spel geleidelik, maar moenie so lank wegbly dat sy angstig word nie.

LEIDING. As sy belangstel­ling begin verloor in ’n spesifieke speelding, hervestig haar aandag met ’n toepaslike vraag. Byvoorbeel­d: “Dis mooi! Kan jy nog blokkies bysit?”

DIE VERTREK. Sodra jou kind gemaklik op haar eie speel, kan jy begin om die vertrek te verlaat – altyd met jou kind se medewete en nooit vir te lank nie. Doen dit tot sy op haar eie kan speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa