Baba & Kleuter

Fliek toe! OF NIE?

Om te gaan fliek is so deel van die vakansie soos swem en roomys eet. Maar jou kind se reaksie kan jou dalk onkant vang ...

- DEUR SANDRA COETZEE

is die prente op die skerm enorm. Die 3D-brille maak alles net nog meer oorweldige­nd.

Dis baie anders as by die huis, waar ma verby die bangmaakto­nele kan spring of die pouseknopp­ie kan druk om gou eers te verduideli­k wat gebeur.

Maar tog wil ’n mens jou kind nie die bekoring van die bioskoop ontneem nie. Met die grootskerm-riglyne hieronder kan jy sorg dat haar fliekjare positief én prettig is.

DOEN JOU HUISWERK

Moenie sommer aanvaar dat ’n fliek geskik is vir jong kinders net omdat dit kindvriend­elik lyk nie.

Doen jou eie navorsing deur met vriende te praat wat reeds die betrokke fliek gesien het. Benut die internet – daar is ’n handvol webtuistes met ouer-georiëntee­rde resensies wat vertel waaroor die fliek gaan en watter tonele jou kind dalk kan ontstel of bang kan maak.

Dit beteken nie jy moet elke fliek vermy wat ’n vreesaanja­ende of moeilike onderwerp het nie. Dit gaan oor tydsbereke­ning. Op die regte ouderdom kan bangmaak- of verwarrend­e materiaal kinders emosioneel begin voorberei vir wanneer soortgelyk­e situasies in die werklikhei­d opduik. Dit kan opwindend en verrykend wees.

As jy daaraan dink om ’n potensieel ontstellen­de fliek saam met jou vyfjarige te kyk – dalk iets waarin ’n karakter doodgaan – vra jou af of jou kind gereed is vir die emosies wat ’n mens ervaar as jy so ’n verlies gadeslaan. As jy dink sy is nog nie gereed om dit te hanteer nie, moet julle liefs wag tot sy ’n bietjie ouer is.

Jou sewejarige is dalk al baie gemakliker in die bioskoop, maar kan steeds te jonk vir sekere tonele wees.

KEN JOU KIND

Onafhankli­ke raad en deskundige riglyne help baie, maar dis ewe belangrik – dalk selfs belangrike­r – dat jy jou kind se temperamen­t en omstandigh­ede in ag neem. Dink ook aan wat by die huis aangaan en wat jou kind se spesifieke vrese is.

As julle die eerste keer gaan fliek, moet jy vooraf verduideli­k dat die ligte afgeskakel gaan word en dat sy vir ’n rukkie sal moet stilsit voor die prent begin. Maak dit duidelik dat sy nie verplig is om in die teater te bly nie. Vertel haar dat daar ’n badkamer sal wees en dat daar ’n goed verligte portaal net buite die deur is.

Dit is ook belangrik om die basiese besonderhe­de van die fliek te verduideli­k voor julle dit gaan kyk. Beskryf die storie en praat oor die karakters. As die storie in Parys afspeel, vertel haar baie eenvoudig wat en waar Parys is. So sal jou kind minder worstel om te probeer verstaan wat in die fliek aangaan en meer tyd daaraan bestee om dit net te geniet.

Soms is die groot skerm net te oorweldige­nd vir kleintjies.

BEPLAN MOOI

Stel jou voor hoe senutergen­d dit vir ’n baie jong kind moet wees om oor die parkeerter­rein te hardloop en die donker teater binne te storm net oomblikke voor die hoofverton­ing begin.

Gun julle meer as genoeg tyd om by die vertoning te kom, springmiel­ies te koop en die beste sitplekke te kry. Dit beteken om sitplekke te kies wat ver genoeg van die skerm af is en reg langs die paadjie is sodat julle maklik kan in- en uitgaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa