Baba & Kleuter

LEKKER FLIEK

- BABA & KLEUTER

• STEL VOORAF vas presies waaroor die

fliek gaan. • BEREI KINDERS VOOR. Sê byvoorbeel­d dat dit net ’n storie is en dat die karakters geteken word – dit help hulle om meer realisties oor die gebeure te wees. • GESELS AGTERNA weer oor die fliek sodat enige misverstan­d of angstighei­d oor die storie opgeklaar kan word. Was daar ’n lessie? • KARAKTERS moet ’n goeie voorbeeld stel

omdat kinders sterk met hulle identifise­er. • KINDERS SE VERBEELDIN­G tussen twee en sewe is baie sterk en flieks kan ’n groot uitwerking op hul denke hê. Baie emosionele terapie geskied op hierdie ouderdom deur die lees en vertel van stories. • OORMATIGE AGGRESSIE en geweld moet vermy word. Kinders moet leer om konflik op ’n meer konstrukti­ewe manier te hanteer. • DINGE WAAROOR DIE KIND NA DIE TYD GESELS is gewoonlik die dinge wat haar die meeste geraak het. Probeer begelei en die gebeure in perspektie­f plaas. Onthou dat dinge wat volwassene­s snaaks vind, soms vir kinders bang maak. • KINDERS VAN TWEE TOT VIER kan nog nie abstrak dink nie. Hulle dink net konkreet en is baie selfgesent­reerd. • ’N KIND JONGER AS VYF kan nie werklik ’n fliek in ’n teater waardeer nie. Die stilsit is te lank. • WAAK TEEN TE VEEL soet eetgoed en koeldrank as julle ’n rustige flieksessi­e wil hê. Baie kleingoed raak meer aktief weens kleurstof en byvoegende middels. • ONTHOU om vooraf toilet toe te gaan. • DIE KINDERSITP­LEKKIES wat kinders hoër

laat sit, is nuttig. • KYK EERS NA DIE VIDEO OF DVD voor jy dit saam met jou kind kyk. Maak seker jy is gemaklik met die inhoud. • MAAK TYD om saam flieks te kyk, net soos julle saam boek lees. Dit is ’n spesiale tyd wat julle kan deel. Praat oor die fliek en bring dit in verband met jul eie lewe. • WEES AKTIEF betrokke voor, tydens en nadat julle die prent gekyk het. Doen praktiese aktiwiteit­e. Vra vrae, doen rollespel. Stel die fliek of program bekend of brei dit uit deur kunsprojek­te, verf of boeke. Moedig deelname aan: Dans, beweeg saam met die musiek, praat terug met die skerm en karakters. • LEER OM DIE POUSE-, STOP- EN TERUGSPEEL­KNOPPIES van die DVDspeler tot jou voordeel te gebruik. Tegnologie gee jou buigsaamhe­id wat jy nie met TV-programme kry nie. Jy kan so voorskools­e kinders se kyktyd aanpas om by hul konsentras­ievermoë te pas. Skoolgaand­e kinders kry ook ’n sin van beheer oor hul kyktyd en waardeer die dele wat hulle oor en oor wil sien. • BOU OP jou kind se belangstel­lings. Oorweeg programme vir die herhalings­faktor daarvan. Soos met boeke lees hou hulle daarvan om flieks weer te kyk. Dit stimuleer hul verbeeldin­gswêreld en nuwe inligting word geleer en deel van hul lewe gemaak. • BOU SAAM aan ’n mediabibli­oteek wat naas die kinderboek­biblioteek kan bestaan. Programme en storieboek­e met spesifieke temas kan mekaar dan aanvul.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa