Baba & Kleuter

Liewe Baba & Kleuter

-

Verbeel jou jy kan nie behoorlik met jou baba kommunikee­r nie …

Vir baie gesinne in Suid-Afrika is dít ’n werklikhei­d, want daar word elke dag 17 dowe babas in Suid-Afrika gebore. Meer as 94 persent van hulle het ouers wat wel kan hoor, en dit kompliseer dinge verder omdat hierdie ouers niks van doofheid weet nie en dus oorweldig voel wanneer hulle hoor hul kind het gehoorverl­ies.

’n Baba met gehoorverl­ies of doofheid en sy gesin het spesifieke ondersteun­ing nodig omdat die vermoë om te kommunikee­r regstreeks verband hou met ’n kind se brein- en sosio-emosionele ontwikkeli­ng.

HI HOPES Early Interventi­on Programme is die vlagskip van Wits-universite­it se Sentrum vir Dowe Studies. Hierdie projek is begin om te identifise­er wat gebeur wanneer ’n gesin nie leer hoe om met ’n dowe kind te kommunikee­r nie. Die werklikhei­d was ook dat kinders met gehoorverl­ies nie soveel geleenthed­e kry as kinders wat kan hoor nie, veral omdat hul taalontwik­keling gewoonlik agterstand­e toon.

HI HOPES bied hul diens reeds in vyf provinsies aan en verskaf gratis ondersteun­ing aan gesinne met babas wat doof of hardhorend is. Ons dienste is beskikbaar vir babas met enige soort gehoorverl­ies.

Die huisomgewi­ng bied eindelose geleenthed­e vir taalontwik­keling; daarom bied ons ons diens in die gesin se eie huis aan. Eerstens kry die ouers emosionele ondersteun­ing om hulle te help verstaan wat dit behels om ’n kind met gehoorverl­ies groot te maak. Ten tweede word onpartydig­e inligting met die gesin gedeel sodat hulle ingeligte besluite kan maak oor wat die beste vir hul dowe baba is. Hulle word geleer om taalontwik­keling en luistervaa­rdighede te optimalise­er as die kind wel ’n bietjie kan hoor, of toegang het tot tegnologie soos gehoorappa­rate of ’n kogleêre inplanting.

Ons vervang nie die kind se profession­ele span nie, maar dien as versterkin­g vir die hele gesin.

HI HOPES het ook ’n mentorprog­ram waar dowe mentors by gesinne aanklop om die ouers te wys hoe om met hul dowe kind te kommunikee­r.

HI HOPES is ’n vennoot van die THRIVE-ouersteung­roep sodat ouers mekaar kan ondersteun. Ons hou in gedagte dat elke kind anders en elke gesin verskillen­d is, dus word die kind se taal, kommunikas­ie-ontwikkeli­ng en algehele ontwikkeli­ng in ag geneem om te besluit wat die regte keuse vir hom of haar is.

Om gratis steun aan gesinne te bied, het ons jou ondersteun­ing nodig. Skenkings (eenmalig of maandeliks), geldinsame­lings en liefdadigh­eidsgeleen­thede is alles welkom – as jy aan ’n manier kan dink om vir ons geld in te samel, sal ons dit werklik waardeer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa