Baba & Kleuter

BABA & KLEUTER SE PERSONEEL ONTHOU:

-

Nikki Rüttimann, uitgewer.

Ek onthou ek was seker so 8 jaar oud toe ek een Kersfees ’n “slip & slide” gekry het. Ons het Kersfees met ’n groot familie-ete buitekant gevier en daardie jaar het ons die glybaan vroegoggen­d al opgerig. Almal, van my ouma tot my babasussie, het die hele dag lank op die gras gespeel en by die glybaan afgegaan. Daar was die volgende dag lekker bloukolle en seer spiere. Dis van my beste herinnerin­ge!

Yolandi Jordaan, assistent-redakteur.

Ek kan eerlikwaar nie ’n gunsteling-geskenk onthou nie. Nie oor ek ondankbaar is nie, maar met tyd verander ons en raak ander dinge belangrik. Ek onthou wel al die wonderlike herinnerin­ge van Kersfees: oupas, oumas, niggies, nefies, uitgedinkt­e speletjies, konserte en gekookte kos. Dié Kersfees gaan ek dus sorg dat my kinders onvergeetl­ike herinnerin­ge maak met dit wat geld nie kan koop nie.

Charné Casey, kunsredakt­eur.

Die beste geskenke wat ons ooit as kinders gekry het was blikke vol vla-, koffie-, suurlemoen- en dadelkoeki­es, gebak deur my tannie se liefste huishulp, Alet. Dié het ons op die strand verorber. En wie het nou ooit gedink ’n Parker-pen is ’n oulike geskenk vir ’n 11-jarige dogtertjie? Seker net Kersvader!

Rebecca Paulsen, ontwerper.

My gunsteling Kersfees-present het ek by my kêrel gekry: Hy het vir my ’n staande menger gekoop sodat ek glo meer kan bak! Die present wat ek eenkeer ontvang het waarvan ek die minste gehou het, is oorbelle. My ore het nie eers gaatjies nie... Ek het dit toe maar vir my sussie gegee.

Joanita Cillié, leefstyl-redakteur.

Dis glo moeilik om vir my te koop; dalk oor ek self erg ingestel is op wat ek gee. ’n Goeie geskenk is baie keer iets wat jy by die ander persoon kan sien, maar wat jy eintlik vir jouself wil hê. Die verkeerdes word gekoop wanneer jy aan die einde van die dag desperaat raak. Gaan drink dan eerder koffie en loer bietjie aanlyn.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa