Baba & Kleuter

Waarheid oor troos

Duimsuig kan tot ’n ernstige oorbyt lei. Hierdie oplossing kan help.

-

Toe my seun, Mikhail, 10 maande oud was, het ek sy NUK-fopspeen weggevat. Ek het gehoor van kinders wat nog op die ouderdom van 3 en 4 jaar oud fopspeen gesuig het en ek wou nie hê dit moet met my seuntjie gebeur nie. Hy het gehuil en gehuil tot hy sy wysvinger ontdek het. Vir die volgende 6 jaar het Mik sy vinger gesuig en teen die tyd dat hy 7 jaar oud was, het hy ernstige uitstaanta­nde ontwikkel,” vertel William Wertheim Aymes. “Ons tandarts het ons gewaarsku dat as Mik op sy gesig val, sy permanente tande ernstige skade kan ly. Een van die ortodontis­te wat ons besoek het, het verduideli­k dat Mik ’n oorgeërfde oorbytgebi­t het wat deur die vingersuig­ery vererger is. Om dit reg te stel het ons R40 000 gekos, maar dit was niks in vergelykin­g met Mik se sielkundig­e pyn en die ongemak van draadjies dra vir ’n baie lang tyd nie. Mik se draadjies is op 16 verwyder. Toe ons dogter, Olivia, ’n maand voor Mik 10 geword het gebore is, was ek slimmer oor tandsorg, want ek het toe vir NUK gewerk.

“NUK is die afkorting vir Natürlich und Kiefergere­cth, wat vertaal kan word as “natuurlik en kaakkorrek”. Die NUKfopspee­n oefen die kaak op die regte manier tussen voedings. As ek dit maar net geweet het toe Mik ’n baba was! Toe Olivia twee geword het, het ons begin om haar fopspeenge­bruik deur die dag te beperk en sy’t vinnig geleer dat haar foppie net vir slaaptyd was. Sy’t dit uiteindeli­k self op die ouderdom van 3 opgegee.

“Ek het onlangs ’n interessan­te stuk navorsing deur die Amerikaans­e Akademie vir Pediatrie gelees, wat tot die gevolgtrek­king kom dat kinders wat met ’n fopspeen aan die slaap raak ’n verminderd­e risiko vir wiegiedood het – een van die grootste oorsake van baba-sterftes onder die ouderdom van een jaar, wêreldwyd. ’n Fopspeen halveer die kanse vir wiegiedood van 1 uit elke 2 000 kinders na 1 uit elke 4 000.

“NUK-fopspene en die hele NUK-reeks is BPA-vry. Ons is trots om te sê dat ons die eerste handelsmer­k was om ’n BPA-vrye plastiekbo­ttel in 2006 bekend te stel. Ons ondersteun KANSA in hulle veldtog teen die potensiële gevare van BPA.”

Die NUKfopspee­n oefen die kaak op die regte manier tussen voedings.

 ??  ?? Mik, 13, en Olivia, 3. Die resultate van Mik se vingersuig is duidelik hier te sien. William Wertheim Aymes, besturende direkteur van Artemis Brands (invoerders van NUK ortodontie­se produkte)
Mik, 13, en Olivia, 3. Die resultate van Mik se vingersuig is duidelik hier te sien. William Wertheim Aymes, besturende direkteur van Artemis Brands (invoerders van NUK ortodontie­se produkte)
 ??  ?? Mik se kaak demonstree­r die liggaam se ongeloofli­ke vermoë om by fisieke intervensi­e aan te pas.
Mik se kaak demonstree­r die liggaam se ongeloofli­ke vermoë om by fisieke intervensi­e aan te pas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa