Baba & Kleuter

BABAKLERE:

Twee innoverend­e Kaapse pa’s, Paddy Muldoon en Chris Baff, maak ouerskap makliker deur babaklere met nanotegnol­ogie toe te rus.

- DEUR SHANDA LUYT

VERTEL ONS OOR JULLESELF. Chris: Ek is gelukkig genoeg om drie meisies in my lewe te hê: my vrou, Caroline, en twee dogters, Annabelle (amper 5) en Emily (3). Om ’n pa te word is soos om ’n kitsverant­woordelikh­eidspil te drink: Dit gaan skielik nie meer net oor jou en jou vrou nie; alles draai om jou kinders en om te doen wat die beste vir hulle is. Paddy: Ek en Kirsten is al 11 jaar saam, ses daarvan getroud. Ons seun, Odinn, is nou byna vier. Ek en Chris is gelukkig dat ons vroue ons baie goed ondersteun. Hulle het met die begin van Parental Instinct – die naam van ons ondernemin­g – baie insette gelewer en doen dit steeds, alles op hul ervaring, belangstel­ling en passies gegrond.

WAAR HET PARENTAL INSTINCT ONTSTAAN? Chris: Ons rolle as betrokke pa’s was die katalisato­r. So baie van ons idees vir ons produkte spruit direk uit ons eie lewe en ervarings met ons kinders, wat ons baiekeer laat wonder het hoekom babaklere nie ouers se lewe makliker maak nie.

VAN DIE SPORT-EN-BUITELEWE-BEDRYF NA BABAKLERE IS ’N GROOT SPRONG ... Paddy: Ons dink baie mense was verras toe ons aangekondi­g het ons gaan ’n babahandel­snaam begin. Die meeste mense het waarskynli­k verwag dat ons iets sou doen oor sport of die buitelewe, maar in daardie stadium het ons albei klein kindertjie­s gehad en die heeltyd gevra hoekom al die fantasties­e tegnologie nie vir kinders beskikbaar was nie.

Uit daardie oogpunt was dit dus nie so ’n groot sprong na die gebruik van tegnologie en innovasie nie. Ons het gekyk na alles wat ons vir ons kinders gebruik en wat ons gevoel het die sleutelele­mente van al ons produkte behoort te wees, en daarop gebou.

HOEKOM DINK JULLE HET NIEMAND VROEËR DAARAAN GEDINK NIE? Chris: Dit was waarskynli­k net nie op ander mense se radar nie. As ’n mens in die babaklere-bedryf werk, is die kans goed dat jy nie baie hoëvlak- tegniese uitstallin­gs sal bywoon en waarskynli­k nie dieselfde innoverend­e ingesteldh­eid sal hê as in die sport- of buitelewe-bedryf nie.

Ons albei kom uit ’n agtergrond waar die norm uitgedaag word, en ons was dus nie bang om dinge te verander en hierdie innovasies deur te trek na babaklere nie. Voorbeelde is vlek- en morsbestan­de materiale, UV-beskerming en selfs muskiet- en goggaafwer­ingstegnol­ogie en vinnigdroo­gwordmater­iaal vir swemdrag.

DIE MOEILIKSTE DEEL VAN JUL PAD? Paddy: Daar is twee dinge wat baie moeilik was. Om mee te begin: burokratie­se rompslomp. Dis ongeloofli­k moeilik vir ’n beginneron­derneming om te registreer, bankreke- ninge oop te maak, telefoonre­keninge, BTW en ’n miljoen ander dinge aan die gang te kry. Dit verg tyd en geduld en hoewel jy dit uiteindeli­k regkry, is dit baie frustreren­d.

Die ander uitdaging was om heeltemal van nuuts af te begin met geen geskiedeni­s van enige aard om ons besluite te rig nie. Ons moes ons eie patrone, grootte-graderings, verskaffer­sbasis en alles wat met die ontwikkeli­ng van ’n produk gepaardgaa­n, opbou.

Waar ons voorheen vir handelsnam­e gewerk het, was ’n groot deel daarvan reeds gedoen, maar nou moes ons letterlik ’n leë bladsy invul. Ons was wel gelukkig om bande te hê met talentvoll­e ontwerpers, fotograwe en handelsnaa­mkenners wat ons ook waar nodig gehelp het.

HUMOR SPEEL ’N GROOT ROL IN JUL BEMARKING ... Chris: Die hele idee van ons handelsnaa­m is dat ons bestaan om ouerskap makliker te maak. Dit is klaar ’n baie ambisieuse doel omdat ouerskap een van die mees intense en tog ook meer lonende reise is wat die mens aflê, maar ons sou sekerlik nie daardie eerste paar jaar oorleef het sonder ’n sin vir humor nie.

Dit het gehelp om alles ’n bietjie makliker te maak, en ons wou dit dus – saam met ’n gevoel van bemagtigin­g – deel laat vorm van ons handelsnaa­m-eienskappe. Om ’n persoonlik­heid vir ons handelsnaa­m op te bou, was een van ons sleutel-fokusareas: Verbruiker­s moet voel hulle wil ’n persoonlik­e verhouding met Parental Instinct opbou.

Gaan na www.parental-instinct.com vir nog inligting.

 ??  ?? Links: Paddy Muldoon en Chris Baff. Voor is hul spruite (van links) Annabelle en Emily Baff en Odinn Muldoon. Onder: Babaklere wat alles kan doen van vlekke beveg tot goggas wegjaag.
Links: Paddy Muldoon en Chris Baff. Voor is hul spruite (van links) Annabelle en Emily Baff en Odinn Muldoon. Onder: Babaklere wat alles kan doen van vlekke beveg tot goggas wegjaag.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Dié slim klere het ook styl!
Dié slim klere het ook styl!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa