Baba & Kleuter

DOKTER #3

-

Daardie selfde jaar nog het Schalk en Karlien by dokter nommer drie se spreekkame­r ingestap. Hulle het vroegoggen­d uit SomersetWe­s gery om nie in die stadsverke­er vas te sit en die doktersafs­praak mis te loop wat hulle maande vooruit moes bespreek nie.

“In die voorportaa­l was dit nie meer vir my so erg nie. Ek was teen dié tyd al effens minder skaam. Hierdie uitdaging wat voor ons deur gelê het, het nou ingesink en ’n werklikhei­d geword.”

Schalk het vir die arts vertel dat hy gehoor het van daardie wonderlike inspuiting en wou net weet wanneer hulle kon wegspring. Min het hy besef hul eerste besoek aan dokter nommer drie sou hom na ’n volgende vlak van realiteit voer.

Volgens dokter nommer drie kon Schalk en Karlien vergeet van al die ander prosedures om swanger te raak en sou hulle net hul tyd en geld mors. Die dokter het ’n intrasitop­lasmiese sperminspu­iting (ICSI) voorgestel.

“Dit is ’n prosedure waar Karlien se eierselle uitgehaal en my spermselle direk daarin gespuit word. Uitwendige bevrugting vind plaas voor die selletjies teruggepla­as word.

“In dokter nommer 3 se spreekkame­r was die gemoedere laag. My vrou het gehuil. Die dokter se nuus en om Karlien so te sien was soos om met ’n tienpond-

hamer in die maag geslaan te word. Die rit terug huis toe was ’n stil een.”

“Dit sou ’n kleinhuisi­e vol geld kos. Ons het dus ’n paar rowwe besluite gehad om te maak, hoewel dit eintlik baie eenvoudig was,” sê Schalk.

Hulle wou nie jare later terugkyk en wonder wat sou gebeur het nie. Schalk het die deposito betaal en die prosedure het begin toe Karlien begin ovuleer het.

Nog ’n nuwe dokter, dokter nommer vier, se hulp is ingeroep en hy moes saam met dokter nommer drie werk.

Dag een was die eerste dag nadat Karlien begin ovuleer het.

“Ons het ons eie pers medisyneta­s gekry met inspuiting­s en naalde. Ek het Karlien elke oggend ingespuit.”

Schalk vertel dat hy later soos ’n wafferse verpleegst­er ingespuit het en het selfs die lingo ook geleer het.

“Ek het voor elke inspuiting gespot en gesê dat sy nou ’n prikkie gaan voel. Ons het grappies gemaak en gespot om die storie meer draaglik te maak, maar dit was ’n goor tyd.”

Karlien se maag was blou van al die inspuiting­s en hulle moes elke tweede dag Kaapstad toe ry. Sy is elke keer ondersoek en dan het hulle nuwe inspuiting­s vir die volgende paar dae ontvang.

“Die doel van die oefening was om Karlien se eierselle 18 mm groot te laat word. Die selle het goed gegroei en was meer as genoeg, maar het nie die gewenste grootte bereik nie.”

Op dag 19 het albei dokters besluit om die prosedure te staak. Die dokters het vermoed dat hulle die inspuiting wat moes keer dat Karlien ovuleer, te vroeg in die siklus gegee het.

“Meer as die helfte van die deposito is al deur ’n naald gedruk en ons is weer met oë vol trane op die N2 terug huis toe.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa