Baba & Kleuter

DOKTER #2

-

’n Maand later het Schalk en Karlien dokter nommer twee op Stellenbos­ch besoek.

“Ek wou verdwyn toe my vrou met haar gewone harde stem ons aankoms by die ontvangsda­me aankondig. Ek wou eerder vir die dame fluister, my besonderhe­de stilletjie­s invul en op die bank in die hoek gaan sit. Dit het gevoel asof almal weet dat ons twee nie kinders kan kry nie.”

Dokter nommer twee se hooffokus was Karlien. Hy het gesê daar is nie veel wat hy aan Schalk kan doen nie, maar hy kan met ’n vrou “toor”. Hulle is daar weg met ’n klomp pille in die hand.

“Ek moes sinkaanvul­lers en foliensuur drink, en Karlien pille wat selontwikk­eling bevorder.”

Maande het verbygegaa­n sonder enige sukses. Hoewel Karlien se selletjies goed gegroei het, het niks gebeur nie.

“Ek was aan die jag in Namibië toe my vrou my bel en sê die dokter sê sy is nou so vrugbaar sy kan net op my onderbroek trap dan is sy swanger. Met groot hoop het ek

teruggekom en weer alles volgens die boek op die bepaalde tye gedoen, maar weer het al ons moed in ons skoene gesak toe ‘daai tyd van die maand’ aanbreek.”

Volgens Schalk was Karlien vinnig besig om moed te verloor.

Dis toe dat hulle van ’n plek in Kaapstad hoor wat “inentings” aan mans gee om hul spermtelli­ng te versterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa