Baba & Kleuter

’N LAASTE KEER

-

Daardie aand ná hul laaste besoek aan die dokter het Schalk sy vrou alleen in die slaapkamer sien sit.

“Ek kon haar hoor en sien huil. Ek het langs haar op die bed gaan sit om haar te troos. Sy het ’n paar skoentjies in haar hande vasgehou wat sy kort ná ons troue gekoop het. Karlien het die skoentjies altyd in haar bedkassie gebêre. Elke nou en dan het ons dit uitgehaal en lekker gedroom. Ek het kamer toe gegaan om haar te troos, maar skielik het alles net vir my ook te veel geword.”

In Desember was hulle vir die vakansie op die plaas. Karlien se ovulasiesi­klus sou weer begin.

“Daar in die veld agterop die ou Nissanbakk­ie het ons besluit om nog een keer te probeer,” vertel Schalk.

Die dokters het finansiële toegewens gemaak wat ’n tweede keer moontlik gemaak het en hulle ’n geleenthei­d gegee het wat hulle nie deur hul vingers kon laat glip nie.

“Ons wou een siklus aanpak waar die dokters sou glo hulle sou niks ánders gedoen het nie. Dan sou ons ons lot aanvaar.”

Op dag een van Karlien se siklus het alles weer van voor af begin: die inspuiting­s, die skandering­s, die vroeg deurry Kaapstad toe. Daar was uiteindeli­k selletjies om mee te werk.

“Twee jaar nadat ons die eerste dokter besoek het, is vier eiersellet­jies onder narkose uitgehaal. Ek het elke dag daarna gebel om te hoor hoe sake staan.”

Die dokters kon drie eierselle gebruik nadat almal ná die bevrugting begin verdeel het. Een van die drie het snaakse pigmentasi­e getoon, maar die ander twee was aan die groei. Vier dae later is die eiersellet­jies teruggepla­as.

“Ek is saam teater toe toe dokter nommer vier die selletjies teruggepla­as het. Ek kon op die monitor die strooitjie binne-in my vrou sien en het die ontploffin­g duidelik op die skerm gesien toe die selletjies in haar uitgespuit is.”

Schalk vertel dat hy by die huis nie eens toegelaat het dat Karlien giggel nie. Sy het op haar rug gelê en so min moontlik gedoen.

Tien dae nadat die selle teruggepla­as is, het sy weer ’n bloedtoets laat doen.

“Ek het van die werk af gebel om die uitslag te hoor. Ek moes aanhou tot sy my lêer kon opspoor. Volgens die suster was Karlien se bloedtelli­ng 54. Ek het nie geweet wat dit beteken nie, maar ek het net geweet ons is swanger.”

Schalk het onmiddelli­k sy vrou gebel.

Die mooiste donkerkop-dogtertjie, Bea, is later daardie jaar vir hulle gebore en sedertdien het Schalk en Karlien weer swanger geraak met hul tweede dogtertjie. Dié keer was dit natuurlik, sonder enige hulp. Karla is nou al twee jaar oud.

“Seer bly seer en ’n mens verstaan nie altyd hoekom sekere dinge met jou gebeur nie, daarom het ek nie regtig woorde vir iemand wat besig is om dieselfde paadjie te stap nie. Ek en Karlien weet hoe laag iemand in hierdie bootjie gaan draai en hoe jy maar net dapper kan glimlag vir elke goedbedoel­de woord van aanmoedigi­ng. As jy in die bootjie is waarin ons was, is al wat ek vir jou kan wens dat jou wolkie ook ’n silwer randjie sal hê en – meer as dit, dat jy heel anderkant sal uitkom.”

Twee jaar nadat ons die eerste keer voor ’n dokter gesit het, is vier eiersellet­jies onder narkose verwyder.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa