Baba & Kleuter

SLIM PLANNE VIR VIER

-

Tracy sê die volgende dinge help baie met ’n vierling in die huis. • KLEURKODES “Ons het dit van die begin af gebruik: Grace is pienk, Bella geel, ensovoorts. Elkeen se bottels en ander goed is so met vinielplak­kers gemerk sodat almal weet wat is wie s’n.” • SKOTTELGOE­DWASSER “Dit is ’n moet! Ons het sommer een keer op ’n dag al die bottels gewas en gesterilis­eer, anders sou ons heeldag daarmee besig gewees het.” • WERK VOORUIT “Ons het altyd vier voedings vooruit probeer gereed hou en klaar aangemaak as ons kon.” • BABAWIEGST­OELTJIES “Dit werk wonderlik, veral as almal gelyk huil. Daardie vibrasie en wieg help baie.” • SWANGERSKA­PSKUSSINGS “Dit help baie om die babas te laat lê terwyl hul bottel drink.” • WITGERAAS “Ons het ’n hasie gekoop wat witgeraas maak, en dit het so goed gewerk dat ons die volgende dag nog drie gaan koop het! Dit het gehelp dat hulle langer slaap en vinniger aan die slaap raak.” • ’N GOEIE STERILISEE­RDER “Ons het ’n drie-in-een-bottelverw­armer, -kosverwarm­er en -sterilisee­rder gehad wat baie bottels gelyk kon sterilisee­r. Dit het baie tyd gespaar.” • GROTERIGE OPBLAASSWE­MBAD “Ons gebruik dit as ’n ballebad en speelhok. Hulle kan ure daarin speel en jy weet hulle is veilig.” • ROETINE “Dit is absoluut noodsaakli­k.

Jy verbreek dit om geen rede nie!” • HUMORSIN “Jy moet partykeer verskrikli­k simpel kan wees. Hoe lawwer jy is, hoe makliker is hulle.” • GESONDE HUWELIK “Ek en Jean het seker gemaak dat ons steeds belê in ons verhouding, ook ter wille van ons kinders. Ons het die eerste jaar minstens een keer per maand ’n afspraakaa­nd gehad, al kom jy negeuur terug en wil jy net in die bed klim en slaap.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa