Baba & Kleuter

HOE DEEL EK DIE GOEIE NUUS?

-

My beste vriendin sukkel al vyf jaar lank met onvrugbaar­heid en ek het pas uitgevind ek verwag my tweede. Hoe deel ek die nuus op ’n sensitiewe manier met haar?

LENMARIE STANTON ANTWOORD: Om mense te vertel van ’n nuweling wat op pad is, is seker een van die opwindends­te dinge wat jy kan doen. Wanneer jy vir vriende en familie wat ’n stryd voer teen infertilit­eit daarvan vertel, is daar ’n goeie kans dat hulle dit as erg pynlik sal ervaar. Elke swangerska­p-aankondigi­ng herinner hulle dalk aan dit wat hulle nie het nie. Onvrugbaar­heid is ’n lewenskris­is wat met deernis, empatie en bedagsaamh­eid hanteer moet word. HIER IS ’N PAAR WENKE 1 Vertel jou vriendin eerste. Moenie die groot aankondigi­ng op Facebook of voor ’n groep mense maak nie. Vertel haar eerder apart en gee haar ’n paar dae kans om dit te verwerk. 2 Moenie dit vir haar wegsteek omdat jy dink dit gaan haar omkrap nie. As sy uitvind dat jy dit wel weggesteek het, sal sy dalk verraai voel. 3 Wees simpatiek wanneer jy dit met haar deel. Sê dalk iets soos: “Ek wil hê jy moet eerste weet ek is swanger. Ek weet jy en jou man probeer al lank en ek moet erken ek verstaan nie ten volle wat julle deurmaak nie, maar ek wil, ek gee om en ek is daar om jou te ondersteun.” Jy kan dit telefonies of per SMS deel sodat sy kan reageer soos sy wil. Moenie van haar verwag om uitbundig gelukkig te wees nie. 4 Moenie die heeltyd in haar omgewing oor babagoed en doktersafs­prake gesels nie. Natuurlik is dit die middelpunt van jou wêreld en dit is fantasties, maar dit is iets wat jy met jou ander vriendinne kan deel. Laat haar die leiding neem oor hoe baie of hoe min sy wil weet. 5 Raak gemaklik daarmee dat jy jou vriendin dalk vir ’n kort rukkie kan “verloor”. Dit is nie regverdig dat jy ’n vriendin behoort te verloor weens iets wat nie onder jou beheer is nie. Dit is ook nie regverdig dat jou vriendin met onvrugbaar­heid moet sukkel nie. Wees dus geduldig en toon begrip. Bevestig dat jy daar is vir haar, maar moenie raad gee nie. Vroue wat sukkel met onvrugbaar­heid is kundiges en weet beslis meer as vroue wat vinnig swanger geraak het. Laat haar net weet jy gee om.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa