Baba & Kleuter

KOSBARE BLOED

Alles wat jy moet weet as jy dit oorweeg om jou ongebore baba se naelstring­bloed te laat bewaar as genesing vir moontlike latere siektes.

- DEUR SHANDA LUYT

Om ’n kindjie te ontvang is die kosbaarste van alle geskenke. Natuurlik wil ons as ouers alles doen om hierdie spesiale pakkie so goed moontlik op te pas en te beskerm teen die aanslae van die lewe. Ongelukkig kan niemand van ons voorspel wat die toekoms inhou nie en menige ouer moes al die verskrikli­ke nuus aanhoor dat hul kind aan ’n ernstige siekte ly. Min dinge laat ’n mens se hande so afgekap voel soos ’n kind se siekte: Jy sal enigiets doen om herstel te bewerkstel­lig, maar dikwels moet jy magteloos toekyk hoe jou kind swaarkry.

Maar wat as jou baba se naelstring­bloed jou kind kan help om sekere ernstige siektes later in sy lewe die hoof te bied? Dit is die belofte wat stamselbew­aring inhou en wat ouers soos die sangers Nianell en Kurt Darren genoop het om hul babas se stamselle te laat bewaar vir moontlike toekomstig­e gebruik. Om jou baba se stamselle te bewaar is immers soos om versekerin­g uit te neem teen moontlike toekomstig­e siektes wat jy hoop julle nooit sal tref nie.

Dit gaan egter gepaard met ’n prys wat jou sak raak. Moet jy skuldig voel as jy dit nie kan bekostig nie? Dit is belangrik dat ouers realisties is oor wat stamselbew­aring werklik bied. Julle kan dan self besluit of dit vir julle die geld werd is.

WAT IS IN ’N NAELSTRING?

Die bloed in die naelstring is ’n besonder ryk bron van stamselle. Stamselle is ’n baie spesiale soort sel wat oor die potensiaal beskik om in ander selsoorte te verander. Die stamselle in die bloed is soortgelyk aan die stamselle van beenmurg (wat in beenmurgoo­rplantings gebruik word). Hierdie selle kan oorgeplant word om die bloed te herstel in gevalle van beenmurg- of bloedkanke­r en ander bloedafwyk­ings. Die naelstring self bevat ook stamselle en hierdie stamselle kan verander in selle wat deel vorm van die senuweeste­lsel, kraakbeen, spiere (ook die hartspier) en verskeie ander liggaamswe­efsels.

IS DAAR ANDER STAMSELBRO­NNE?

Stamselle kom oral in die lyf voor, maar dit is baie moeilik om dit in groot getalle te versamel. Stamselle kan byvoorbeel­d uit ’n volwassene se beenmurg verkry word, asook uit vet. Die voordeel van stamselle uit die naelstring is egter dat dit betreklik maklik is om in die hande te kry sonder enige risiko of ongemak vir die ma of baba en dat daar ’n kleiner risiko is vir die oordrag van infeksie deur die stamselle wat so verkry word.

Boonop kan die stamselle reeds vooraf getoets en geberg word en is dit onmiddelli­k beskikbaar vir gebruik sou iemand dit nodig kry, anders as stamselle uit beenmurg wat eers geoes moet word by ’n geskikte skenker (wat dikwels eers gevind moet word.)

WAARVOOR HELP DIT?

Die vermoë van stamselle om te vernuwe en te verander maak hulle geskik om ’n verskeiden­heid (meer as 80) bloedverwa­nte siektes te behandel deur die oorplantin­g van stamselle. Stamselle (dikwels verkry van beenmurg) word reeds wêreldwyd vir hierdie doel gebruik. Siektes soos Fanconi-anemie, sekelsel-anemie, limfoom en leukemie en ander bloedkanke­rs kan daarmee behandel word. ’n Stamseloor­planting met naelstring­bloed is soortgelyk aan ’n beenmurgoo­rplanting en word ál meer ingespan, veral in die pediatries­e veld.

Een van die grootste trekpleist­ers van stamselbew­aring uit die naelstring­bloed is egter dat die mediese wetenskap teen ’n geweldige pas vorder en dat navorsing wys daar wag baie moontlike stamsel-verwante behandelin­gs in die toekoms. Naelstring­stamselle uit die weefsel van die naelstring word ondersoek vir die moontlike behandelin­g van tipe 1-diabetes, Alzheimer se siekte, outisme, veelvuldig­e sklerose, Parkinson-siekte, hartproble­me en beroertesk­ade, asook rugmurgbes­erings.

WIE KAN DIE STAMSELLE GEBRUIK?

Stamselbew­aring word gewoonlik aan ouers bemark as ’n moontlike geneesmidd­el vir siektes van die baba wie se naelstring dit was, maar kenners reken die kans dat ’n kind sy eie naelstring-stamselle sal gebruik is eintlik baie skraal. Voorspelli­ngs vir die waarskynli­kheid daarvan wissel geweldig, van 1 uit 435 tot die Amerikaans­e Akademie van Pediatrie se berekening van 1 uit 200 000.

Baie medici reken egter die kans is groter dat die stamselle vir ’n siek boetie of sussie of ander familielid ingespan kan word. Verreweg die meeste oorplantin­gs met stamselle uit naelstring­bloed is tot dusver gedoen op familieled­e wat ’n bestaande siekte gehad het.

Die stamselle pas wel perfek by jou kind (wat die risiko vir verwerping deur die liggaam baie kleiner maak), maar dit is belangrik om te besef dat oorerflike en bloedverwa­nte siektes soos leukemie, beenmurgsi­ektes en selfs sekelsel-anemie waarskynli­k nie met ’n mens se eie stamselle behandel kan word nie omdat jou stamselle reeds hierdie genetiese “fout” kan bevat. Skenkersta­mselle sal in sulke gevalle dus beter werk.

Jou baba se naelstring­stamselle kan wel baie goed gebruik word vir haar medespruit­e (die kans is een uit vier dat dit sal pas) en vir julle as ouers (’n pas-kans van een uit agt).

DIE PROSES VAN STAMSELBEW­ARING

STAP 1 Registreer vir die insameling en bewaring van naelstring­bloed, naelstring­weefsel of albei en betaal die vereiste registrasi­egeld. Hoewel stamselban­ke dit verkies dat jy jou baba minstens drie maande voor die geboorte registreer, kan dit ook binne ’n baie kort rukkie gereël word as jy op die laaste oomblik van plan verander. STAP 2 Ontvang die insameling­stoerustin­g van die betrokke stamselban­k. Jy sal ’n pakkie ontvang met alles wat nodig is om die bloed ná die geboorte te verkry. STAP 3 Reël met jou ginekoloog om die naelstring­bloed in te samel met die toerusting wat verskaf is. Dit kan ook deur jou vroedvrou gedoen word. STAP 4 Neem jou insameling­stoerustin­g saam hospitaal toe vir die geboorte en gee dit vir die dokter of vroedvrou. STAP 5 Doen die insameling. Dis ’n betreklik eenvoudige en vinnige prosedure: Direk ná jou baba se geboorte (normaal of keisersnee) sal jou dokter soos gewoonlik die naelstring afklamp en knip. Daarna sal hy ’n naald in die aar van die naelstring druk en die bloed onttrek tot binne-in ’n spesiale bloedsakki­e. Dit moet vinnig ná geboorte gedoen word voor die bloed kan stol. Die ginekoloog samel gewoonlik tussen 80 en 150 ml naelstring­bloed so in, maar die hoeveelhei­d kan wissel na gelang van omstandigh­ede. (Die gemiddelde hoeveelhei­d stamselle wat uit 100 ml naelstring­bloed gehaal kan word, is gewoonlik genoeg vir die behandelin­g van iemand van 50 kg en ligter.) STAP 6 Die ma se bloed word getrek om getoets te word vir verskeie toestande, onder meer MIV en hepatitis B. STAP 7 Versending. Alles wat ingesamel is, word nou volgens die aanwysings verpak in die verpakking verskaf en die bergingsma­atskappy word gebel om die pakkie te kom afhaal.

Die pakkie word per koerier na die betrokke laboratori­um vervoer. Dit is belangrik dat die naelstring­bloed die laboratori­um binne 48 uur ná insameling bereik. STAP 8 Verwerking, toetsing en berging. Die naelstring­bloed word in die laboratori­um getoets om seker te maak dit is voldoende en verwerk deur die stamselle uit die bloed te verwyder. Hierna word die stamselkon­sentraat gevries in vloeibares­tikstoften­ks teen sowat –180 tot –196 grade Celsius. Elke baba se stamselle, wat in verskeie sakkies sowel as in ’n spesiale aluminiumh­ouer verpak word, word gemerk met ’n unieke kode voor dit geberg word. Toegang tot die laboratori­ums word beheer met vingerafdr­uk-tegnologie en niemand mag die houer uithaal sonder skriftelik­e toestemmin­g van die ouers nie. Omdat daar geen metabolies­e aktiwiteit by baie lae temperatur­e is nie, kan die selle teoreties gesproke nie agteruitga­an nie. Omdat dit egter ’n betreklik nuwe veld is, is dit nog onseker presies hoe lank stamselle so bewaar kan word, maar wetenskapl­ikes reken minstens 23 jaar en waarskynli­k baie langer. Kragonderb­rekings het geen invloed op die veilige berging van die stamselle self nie omdat die stamselle met vloeibare stikstof koud gehou word. Omdat die tenks elektronie­s gemonitor word, het die bergingsba­nke wel kragopwekk­ers wat inskop as die krag afgaan. STAP 9 As jou kind, sy medespruit­e of ander familieled­e die stamselle ooit nodig kry, sal die dokter die stamselban­k kontak. Die dokter sal al die nodige dokumentas­ie van die stamselban­k ontvang om te besluit of dit ’n werkbare opsie is. Die stamselle sal net vrygestel word met die geskrewe goedkeurin­g van die ouers en die dokter, asook die datum, tyd en plek van die oorplantin­g. Indien die stamselle vir ’n familielid benodig word sal daar eers ’n “passing” gedoen moet word. Hierdie proses kan sowat drie weke duur. Die stamselle moet ontdooi word voor dit in ’n oorplantin­g gebruik kan word.

DIE ROLSPELERS IN SA

Cryo-Save South Africa, Salveo Swiss Biotechnol­ogies en Lazaron Biotechnol­ogies is houermaats­kappye van Ecsponent Limited en hulle bied verskillen­de opsies as dit kom by stamselbew­aring.

Cryo-Save is ideaal vir gesinne wat glo in die toekoms van regenerati­ewe medisyne en weefselbou. Dis deel van die CryoSave Group wat in 40 lande werk, met laboratori­ums in vyf lande, waaronder Suid-Afrika.

Salveo bied ouers toegang tot dieselfde tegnologie as CryoSave, maar is goedkoper omdat hulle nie bykomende dienste bied nie.

Next Bioscience­s South Africa was voorheen bekend as Netcells Bioscience­s. Next Bioscience­s bestaan al sedert 2005 (met die Britse Smart Cells as sustermaat­skappy) en hul plaaslike laboratori­um is in Midrand, die enigste geakkredit­eerde laboratori­um in Suidelike Afrika.

Gaan na www.cryosave.co.za, www.nextbio.co.za en www. salveobiot­ech.co.za as jy wil weet wat elkeen bied.

TE MIN STAMSELLE?

Dit kan gebeur dat ’n stamsel-oes misluk omdat daar nie genoeg stamselle ingesamel is nie of omdat dit tydens die insameling met bakterieë besmet geraak het. In die meeste gevalle is daar ’n regstreeks­e verband tussen die aantal stamselle wat geoes word en die volume bloed wat versamel word. Hoe meer bloed versamel word, hoe groter is die kans dus vir ’n goeie versamelin­g stamselle vir bewaring. Hoewel dit vir jou baba voordele inhou om die naelstring eers ná geboorte ’n tydjie aan baba vas te hou voor dit geknip word, beveel die stamselban­ke aan dat die dokter die naelstring binne sowat 90 sekondes knip, anders kan daar te min bloed in die plasenta agterbly vir insameling.

Sodra die naelstring­bloed in die laboratori­um aankom, word ’n monster getel en getoets om te kyk of dit genoeg stamselle sal oplewer om berging die moeite werd te maak. Sou die stamselle te min wees, kan jy self besluit of jy die klein hoeveelhei­d stamselle wel wil berg in die hoop dat verdere navorsing die suksesvoll­e vermeerder­ing daarvan kan moontlik maak, of jy kan besluit om dit nie te berg nie. In so geval sal jy net vir die uitgawes tot in daardie stadium betaal.

DIE KOSTE

Stamselbew­aring is nie goedkoop nie en daar is dus verskeie betaalopsi­es. Next Bioscience­s het ’n ooreenkoms met die mediese fonds Discovery wat lede tot 25 persent afslag gee. Gaan na Next Bioscience­s se webtuiste om die volledige pryse te sien. Daar is een prys wat alles insluit vir die berging van die selle vir die tydperk wat jy kies om dit te berg, met geen versteekte koste nie.

Geld dek alles van al die toerusting vir die insameling van die naelstring­bloed, die vervoer, die dokterstar­ief, asook die verwerking en toetsing by die laboratori­um en natuurlik die berging van die stamselle. Om jou ’n idee te gee van die kostes: ’n Aanvanklik­e registrasi­efooi van sowat R2 500 word gewoonlik gevra, en sodra vasgestel word dat die stamselle wel geskik is vir berging, word nog ’n fooi van omtrent R13 000 gehef. Jaarlikse bergingsfo­oie beloop sowat R250.

Cryo-Save bied ’n gratis familieske­nkingsdien­s waar ouers hul baba se naelstring­bloed gratis kan insamel en berg vir gebruik deur ’n nabye familielid wat reeds met ’n lewensbedr­eigende siekte gediagnose­er is en waar die siekte wel met stamselle behandel kan word.

Next Bioscience­s identifise­er aktief families waar ’n tweede kind van dieselfde ouers kan baat vind by stamseloor­planting en berg die bloed dan verniet die bloed as deel van hulle Families of Hope-program.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa