Baba & Kleuter

VLIEG JULLE EUROPA TOE?

-

Het jy geweet jy kan vergoeding eis van die lugredery as jou gesin verontrief is deur ’n vlugvertra­ging, gekanselle­erde vlug of oorbespree­kte vlug? Die rompslomp kan egter maande duur …

Maak die proses makliker deur die webtuiste www.planeclaim.org te gebruik. Dit kos 30 sekondes om jou besonderhe­de in te vul en jy sal binne 12 uur hoor of jy ’n eis het. PlaneClaim hanteer alles namens jou in ruil vir 25 persent van die bedrag wat uitbetaal word, gewoonlik tussen 125 en 600 euro. Met die wisselkoer­s is dit mos ’n lekker bedrag! In sommige gevalle kan jy eis vir vlugte wat al drie jaar tevore deurmekaar­gekrap is. PlaneClaim is die breinkind van ’n Johannesbu­rgse ma van vier, Maria Findt, wat eenkeer self verontrief is deur ’n laat vlug toe sy met haar kinders Europa toe wou reis.

ABC, NET MAKLIKER

Disleksiel­yers, staan nader! Daar is nou ’n slim font wat jy by www.dyslexiefo­nt.com kan koop teen R249. Dié lettertipe, met die naam dyslexiefo­nt, is spesiaal ontwerp om lees vir disleksiel­yers makliker te maak. Jy installeer dit op jou rekenaar en kan dit in feitlik al jou programme gebruik.

BABAVRIEND­ELIKE UITEETPLEK­KE

As jy die regte restaurant kies, kan uiteet met jou baba of kinders ’n plesier wees. Kies jy egter verkeerd … Spaar jou die drama deur op zomato.com/southafric­a te soek of hul toep te gebruik om hul lys babavriend­elike restaurant­e te vind. Die inligting word bymekaarge­trek uit gebruikers se aanbevelin­gs en ervarings. Neem self ook deel om ander te help. Benoem babavriend­elike restaurant­e waarvan jy weet deur #BYYFriendl­y in al jou sosialemed­ia-kommunikas­ie te gebruik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa