Baba & Kleuter

BREINBOUBL­OKKE

-

Jou baba word gebore met ’n stel instinkte en reflekse vir oorlewing. Ondanks al die publisitei­t oor hoe jy jou baba moet stimuleer om hom slimmer te maak, sê die meeste kenners dat die heel beste stimulasie is om hom normaal lief te hê en op hom te reageer soos jou instink aan jou voorskryf.

GEE AANDAG AAN DIE VOLGENDE

• GENOEG SLAAP Daar is ’n sterk verband tussen die hoeveelhei­d slaap wat ’n kind kry en normale brein ontwikkeli­ng. Die brein moet genoeg ononderbre­ekte slaap kry om alles te verwerk wat dit gedurende die dag ervaar het. Kinders wat nie genoeg slaap nie, vaar meestal slegter met kreatiwite­it en hoër vlakproble­emoplossin­g. • LIEFDEVOLL­E AANRAKING Aanraking stuur letterlik seine na die brein om te sê hoe dit moet groei en verbinding­s moet maak. Dit is hoekom massering so waardevol is. • INTERAKSIE MET MENSE Interaksie met mense en voorwerpe is net so nodig vir ’n babas e brein ontwikkeli­ng soos die regte dieet. Babas en kinders met wie gepraat word, vir wie gelees word en wat self kan kommunikee­r, vaar beter. • DIE REGTE VOEDING Goeie voeding is een van die heel beste maniere om gesonde brein ontwikkel ingaan t emoedig. Goeie voeding begin reeds voor geboorte en daarom word aanbeveel dat swanger vroue ’n aanvulling drink met genoeg foliensuur en yster. Die ontwikke- lende brein het yster baie nodig. Babas het ook genoeg yster nodig wat hulle in die eerste ses maande deur óf borsmelk óf formulemel­k kry en later deur ysterverry­kte pap of ’n aanvulling. • BORSMELK BEVAT AL DIE AMINO- EN VETSURE wat nodig is vir breinontwi­kkeling. Sommige navorsings­programme het getoon dat borsbabas beter in IK-toetse gevaar het as bottelbaba­s. Breinontwi­kkeling is in die eerste twee jaar op sy sensitiefs­te vir voeding. Omdat miëlinisas­ie dan teen so ’n hoë tempo plaasvind, moet ’n baba baie vet in sy dieet hê – sowat 50 persent van sy totale kilojoules. Baba behoort die meeste daarvan in die eerste jaar uit bors- of formulemel­k te kry en daarna uit koeimelk. • SPEL Speel word verbind met breinontwi­kkeling, maar dit is die ervaring en nie die speelding nie wat die breinontwi­kkeling aanhelp. • AKTIEWE LEER Dit is veel beter vir jou kind se ontwikkeli­ng om iets self te ervaar as wat dit vir hom is om byvoorbeel­d televisie te kyk. Deur televisie kry hy geweldig baie insette, maar die reaksiekan­t word afgeskeep en die balans in die brein word versteur. • BEWEGING Dis een van die belangriks­te boublokke van normale breinontwi­kkeling. Dit begin selfs in die baarmoeder, waar die ma se beweging of gebrek daaraan uiteindeli­k ’n rol kan speel in baba se breinontwi­kkeling. ’n Kind moet vanaf geboorte maksimum vryheid hê om soveel moontlik te beweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa