Baba & Kleuter

GEELSUG Ek hoor baie pasgebore babas kry geelsug. Hoe sal ek weet of my baba s’n erg genoeg is vir behandelin­g?

-

DR. H.P. VAN DER MERWE ANT

WOORD: Geelsug is inderdaad die algemeenst­e toestand by pasgeboren­es wat mediese aandag benodig. Babas se vel en oë verkleur geel weens die opeenhopin­g van die galpigment bilirubien in die weefsel.

Daar is verskillen­de oorsake, maar die geelsugver­skynsel is by die meeste babas deel van ’n normale, verbygaand­e oorgangsty­d wat onder meer daarmee te doen het dat die baba se lyfie nog nie volwasse genoeg is om van die bilirubien ontslae te raak nie.

Daar word gereken dat tot 50 persent van voltermyn- en 80 persent van vroeggebor­e babas geelsug kry, gewoonlik twee tot vier dae ná geboorte. Uit hierdie groep sal ’n klein persentasi­e babas wel behandelin­g vir hul geelsug nodig hê omdat te veel bilirubien gevaarlik kan wees.

Daar is dus vasgesteld­e bilirubien-tabelwaard­es waarvolgen­s besluit word of behandelin­g nodig is of nie.

Behandelin­g hang af van die spesifieke oorsaak van die baba se geelsug en die bilirubien­vlak.

Dit is soms selfs vir ervare, opgeleide mediese personeel moeilik om sonder ’n toets die graad van geelsug by ’n baba te bepaal.

Enige baba wat binne die eerste 24 uur geelsugtig word, moet as ’n noodgeval hanteer word.

Babas wat ’n hoë risiko het om geelsugwaa­rdes te bereik wat behandelin­g nodig het, is babas wat

voor 38 weke swangerska­p gebore is, borsvoeden­de babas wat swak drink, babas wie se ouer medespruit­e hoë geelsugwaa­rdes gehad het, babas wat kneusings tydens geboorte opgedoen het, babas met infeksie en babas wie se ma die bloedgroep O het.

Algemene hanterings­riglyne vir geelsug is om die pediater, huisdokter of suster te kontak indien:

1 Baba geelsugtig is binne 24 uur ná geboorte, veral as dit ’n tuisgeboor­te was en die baba van dag een af tuis is, 2 Baba sukkel om te borsvoed of slaperig is, 3 Jy onseker is of hy inderdaad geelsug het, veral in die eerste week van sy lewe,

4 Die geelsug toeneem ná ontslag uit die hospitaal, veral met risikofakt­ore soos bo genoem,

5 Sy stoelgange wit word en sy urine donker van kleur is, of 6 Die geelsug langer as twee weke duur. In ’n neutedop: Jy moet by jou dokter of suster aanklop as jou baba geelsug het. Die meeste babas se geelsug klaar gelukkig self op en is nie gevaarlik nie.

Daar is egter ’n risiko van permanente breinskade as daar geweldig baie bilirubien in die bloed is.

Geelsug is soms ook ’n simptoom van ander onderligge­nde toestande soos infeksie, metabolies­e siektes en onderontwi­kkelde galweë in die lewer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa