Baba & Kleuter

OM BABA TE DEEL of nie

Jou nuwe baba het jou hart gesteel en jy kan nie wag om haar vir die wêreld te wys nie – op sosiale media, natuurlik. Maar durf jy dit doen?

- DEUR KAREN VAN DER BERG

Haar eerste keer in die karstoeltj­ie, haar eerste glimlag, die eerste keer wat sy beet eet en die wonderdag toe sy begin kruip het. Dis so mooi, so oulik, so fantasties, jy wil hê die hele wêreld moet dit sien ...

Die afgelope jare is gekenmerk deur ’n heel nuwe tegnologie­se ontwikkeli­ng: sosiale media. Daar is letterlik duisende toeps in die palm van jou hand waarmee jy elke minuut van jou en jou kinders se dag op sosiale webtuistes kan deel.

As volwassene­s het ons in ’n mate beheer oor wat ons deel en wat van ons gedeel word. Wanneer dit by ons babas kom, verander die prentjie. Jou baba en kleiner kinders het geen sê oor die deel van hul foto’s en inligting nie.

Wat is die reëls wanneer dit by jou baba en sosiale media kom? Ons het by twee kundiges gaan aanklop.

SOSIALE MEDIA IS NIE JOU VYAND NIE

Jana Grobbelaar, eienaar van die ouerskapsf­orum moomie.co.za, sê jy hoef nie bang vir sosiale media te wees nie. Solank dit reg en verantwoor­delik bestuur word, is daar geen rede waarom ’n mens nie mooi grepe uit jou lewe kan deel nie.

Dit kan baie nuttig wees om: • Verhouding­s te bou en vir families om op hoogte van mekaar se doen en late te bly. Familieled­e wat ver van mekaar af woon, dikwels in verskillen­de lande, kry so die geleenthei­d om mekaar se mooi oomblikke te beleef, soos jou nuwe baba se eerste glimlag of die eerste keer dat sy omrol. Dit is nie noodwendig groot mylpale nie, maar dit is oomblikke wat families definieer. • Herinnerin­ge te bou. Sosiale media bied wonderlike geleenthed­e om mylpale en die ontwikkeli­ng van jou kinders te koester. Facebook stel jou in staat om elke dag dieselfde datum in vorige jare op te soek. Dit maak ’n mens nostalgies en dit is spesiaal.

LAAT DIE INTERNET JOU HELP

Die internet is ’n wonderlike en veelsydige manier om inligting te vind en te deel. Adéle sê ’n mens kan dit selfs inspan om inligting namens jou te deursoek.

“Gaan na Google en skep ’n Googlekenn­isgewing (Google Alert) met jou kind se naam en van.

“Wanneer die naam-en-van-kombinasie iewers op die internet gebruik word, kry jy ’n kennisgewi­ng daarvan en kan jy dit ondersoek.”

BESKERM JOU EN JOU KIND

Wees altyd verantwoor­delik wanneer jy inligting deel. Al het jy baie streng veiligheid­stellings, kan vriende op jou profiel steeds jou foto’s berg en gebruik. Maak seker die dinge wat jy plaas, is nie van so aard dat dit enigiets anders as bloot oulik is nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa