Baba & Kleuter

BABA BEGIN EET die 1ste 60 dae

Ons het al die dinkwerk en beplanning gedoen sodat jy baba se kosgee so maklik moontlik kan maak. Begin met dié plan – aanstaande maand plaas ons die opvolgplan.

- DEUR ZELDA ACKERMAN GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

Lewenslang­e kosvoorkeu­re word gevorm in die eerste ses maande wat jou baba eet en ’n goeie eetplan sal jou help om vroeg reeds gesonde eetgewoont­es vas te lê. Hierdie plan leer jou baba om kosse met verskillen­de smake, teksture en kleure te eet sodat sy goed bekend is met ’n wye verskeiden­heid kosse teen die tyd dat sy een jaar oud word. Dit sal die kans vir kieskeurig­heid drasties verminder.

BEGINSELS VAN BABAVOEDIN­G

Wanneer jou baba gereed is om te eet, sluit ons elke vierde dag ’n nuwe kossoort in. Die nuwe kos word soggens drie dae ná mekaar in klein hoeveelhed­e gegee voor dit die res van die dag in groter hoeveelhed­e gegee word. So sal jy makliker kan agterkom watter kos die sondaar is as jou baba ’n ongewenste reaksie wys soos ’n uitslag, braking of diarree. Dit gee jou baba ook kans om gewoond te raak aan die nuwe kossoort en daarmee bekend te raak.

HOEVEEL MOET BABA EET?

Die hoeveelhed­e in die eetplan dien slegs as ’n riglyn. Jou baba se honger- en versadigin­gsboodskap­pe bepaal hoeveel sy moet eet. As sy aandui dat sy nog honger is, kan jy nog van dieselfde kos gee. As sy nie alles eet nie, moet jy haar nie haar aanmoedig deur speletjies te speel of haar aandag af te trek nie. Moet haar ook nie dwing om meer te eet nie.

Wanneer sy stadiger begin eet, belangstel­ling verloor en begin rondkyk of speel, haar kop wegdraai, haar mondjie toeknyp of kos wegstoot, is sy versadig. Die oomblik dat jou baba die eerste tekens van versadigin­g toon, behoort jy die kos weg te neem.

Die eerste twee dae wat ’n nuwe kossoort gegee word, word eers een teelepel en dan een eetlepel gegee. Dis omdat allergiese reaksies soms erger is as die hoeveelhed­e groter is. Hou dus by hierdie hoeveelhed­e. Hou ook by die vleisporsi­e wat aangedui is aangesien navorsing ’n verband wys tussen groot hoeveelhed­e proteïne by babas en oorgewig.

KOOKSKOOL

Tuisgemaak­te babakos is die beste keuse om verskeie redes: • ’n Groter verskeiden­heid is beskikbaar. • Dit is nie te fyn nie en kan maklik stelselma

tig growwer gemaak word. • Dit proe soos mamma se kos. • Kosse kan apart gegee word, wat baba help

om verskillen­de kosse te leer ken. • Dit kan inpas by wat die res van die gesin eet. Met die uitsonderi­ng van appel kan alle vrugte rou gegee word. Alle stysel, vleis en groente word gaargemaak, met die uitsonderi­ng van rou slaaigroen­te later. Was vrugte en groente goed met ’n borseltjie onder lopende water af. Waar nodig, skil af en stoom in ’n stomer of kook vinnig in ’n klein bietjie water. Aanvanklik sal alle kos met ’n stokmenger of voedselver­werker gepuree word. ’n Klein hoeveelhei­d melk of van die water waarin dit gekook is kan indien nodig bygevoeg word. Wees egter versigtig vir te veel water omdat sommige groente heelwat water trek wanneer dit gevries word. As die puree te styf of droog is, kan jy liewer net voor baba eet ’n paar druppels kanola-, olyf- of avokado-olie byvoeg. Maak alle kos apart gaar en vries in ysbakkies wat een tot twee eetlepels per ysblokkie hou. Kosse kan op hierdie manier maklik apart of in verskillen­de kombinasie­s gegee word. Begin reeds van vroeg af om kos geleidelik growwer te maak; jou baba sal growwe teksture dan makliker aanvaar.

EN MELK?

Jy kan drie dae voor jy met vaste kos begin, koeimelk by jou baba se dieet begin insluit, indien jy jou baba eksklusief geborsvoed het. Gee dit net so skoon of gemeng met uitgemelkt­e borsmelk. Bied dit aan in ’n lepel, koppie of bottel. As jou baba geen reaksie het nie, kan jy volroom-koeimelk of natuurlike volroomjog­urt gebruik om met ysterverry­kte babapap of enige ander kos te meng.

Let wel, as jy borsvoed word jy aangeraai om aan te hou borsvoed vir solank jy kan.

Ma’s wat koeimelkge­baseerde formulemel­k gee hoef nie eers dié oefening te doen om te toets vir reaksie nie.

Navorsing wys dat ons die koeimelk juis moet gee om te help om allergieë te voorkom. Baie kommersiël­e babakos bevat koeimelk.

Onthou, skoon koeimelk kan eers van ’n jaar af as drankie gegee word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa