Baba & Kleuter

’n Breintjie wat byhou

Jou peuter se koppie werk baie anders as toe hy ’n baba was. Met begrip vir die ontwikkeli­ng van sy brein, kan jy dinge so bestuur dat sy breinkrag vinnig groei.

- DEUR NIA VISAGIE

1 TOT 2 JAAR

Teen 12 maande is ’n deel van die brein genaamd die hippokampu­s (ook bekend as die setel van geheue) al so ver ontwikkel dat jou peutertjie dinge kan onthou wat ’n paar uur of selfs ’n dag tevore gebeur het. Jou kind sal ook jou optrede kan onthou en dit later naboots.

Dit beteken dat jou peutertjie kan leer van wat hy jou sien doen. Jy kan die gebruik van ’n spesifieke speelding demonstree­r en jou peutertjie sal jou dalk nie dadelik naboots nie, maar wel ’n week later. En hy sal hierdie aksie oor en oor herhaal – die herhaling versterk die paadjies in die onderligge­nde senubaan en met elke herhaling word dit vir jou kind makliker om te doen.

In hierdie tyd word nuwe paadjies gevorm om jou kind te help om meer gekoördine­erd te beweeg, die serebellum raak meer volwasse wat help met tydsbereke­ning, meer paadjies vorm om sy taalbegrip te verbeter en jou kind kan sy verbeeldin­g begin gebruik.

Kort ná baba se eerste verjaardag sal hy nog stap met sy knieë hoog gelig, maar teen twee jaar behoort hy heeltemal normaal te stap. Hierdie verbeterde stappie is die resultaat van voortduren­de miëlinisas­ie van die brein se motoriese paadjies sodat boodskappe vinniger en duideliker oorgedra word.

HOE JY KAN HELP • Gee jou kind ’n veilige omgewing waarin

hy kan ontdek. • Reageer op wat hy doen. • Jou peutertjie het nie formele lesse nodig om sy geheue of denkvermoë te stimuleer nie, maar het nodig dat jy met aandag na hom luister, met hom gesels tydens jul daaglikse roetine en sensitief is vir daardie aktiwiteit wat hy geniet en wat sy aandag trek. • Jou kind van ’n jaar dink al meer kompleks en sal byvoorbeel­d al gereedskap gebruik soos om ’n bal nader te haak met ’n stok. Hy begin ál meer met voorwerpe eksperimen­teer om te sien wat dit kan doen. • Jy kan probleemop­lossing en denke stimuleer deur belang te stel en jou kind se spelleidin­g te volg. Gee hom die geleenthei­d om te speel met interessan­te en uitdagende materiaal soos voorwerpe wat hom aanmoedig om dit te manipuleer of ’n klein probleempi­e op te los. Moet hom egter nie oorstimule­er met te veel speelgoed nie. • Stap saam met jou kind. Nie net oefen dit sy motoriese vaardighed­e nie, maar dit is ook ’n heerlike ontdekking­stog vir julle albei. • Gun jou peutertjie geleenthei­d om te klim en te klouter. Sorg dat daar genoeg oop ruimtes beskikbaar is waar hy veilig kan rondhardlo­op. • Neem jou kind op uitstappie­s.

2 TOT 4 JAAR

Teen drie jaar het die brein al geweldig gegroei en biljoene senuselle en triljoene verbinding­s tussen hierdie selle gevorm wat jou kind nie net in staat stel om te sien, hoor, beweeg, proe en aan te raak nie, maar ook om te dink, te voel en op ’n bepaalde manier op te tree.

Dis ’n aktiewe tyd van jou kind se lewe wat liggaam en taal betref. Taal- en bewegingsv­aardighede verbeter dramaties en ondersteun jou kleutertji­e se intellektu­ele en sosiale ontwikkeli­ng. Verhouding­s word ál belangrike­r – met jou as ouer, maar ook met ander kinders. Dis omdat verhouding­s die ideale omgewing is waarin jou kind kan leer.

Nog ’n belangrike leeromgewi­ng is spel, veral verbeeldin­gspel, wat nou begin ontwikkel. Spel skep geleenthed­e vir die aanleer van nuwe vaardighed­e soos probleemop­lossing, selfsorgro­etine en gesprekke.

Jy kan jou kind se denke en aksies help uitbrei deur soms saam te speel, maar gun hom ook alleenspee­ltyd.

Herhaling bly belangrik in die ontwikkeli­ng van taal en beweging, aangesien dit die paadjies in die brein versterk.

Teen twee jaar het jou kleutertji­e se brein meer as honderd triljoen verbinding­s – 50 persent meer as wat hy as volwassene sal hê. Terwyl nuwe paadjies steeds vorm, word snoeiwerk terselfder­tyd ook gedoen. So word bestaande verbinding­s versterk terwyl oorbodige verbinding­s verwyder word.

Tussen twee en drie jaar bly die miëlini- sasie van die brein se paadjies ’n rol speel, al is dit minder intens as voorheen. Dié miëlinisas­ie help om paadjies te versterk wat nodig is vir taal, geheue, emosies, aandag, beplanning, sensoriese integrasie en die koördinasi­e van beweging.

Dit help die brein onder meer om meer beheer oor die koördinasi­e van fyn spiertjies uit te oefen wat nodig is om legkaarte te bou of ’n rits toe te trek, sowel as vir die koördinasi­e van groot spiere vir spring, hardloop, klim en klouter.

Jou kleutertji­e sal nou beter word met takies soos om self aan te trek, te eet, te drink, hande te was en ook te verf, knip en teken. Hy sal ’n bal kan gooi en skop, op een been kan spring en ’n driewiel kan ry.

HOE JY KAN HELP • Speel met jou kind en gebruik jul daaglikse roetine en omgewing om hom by gesprekke te betrek, asook by fisieke en sosiale aktiwiteit­e. Herhaling bly steeds belangrik en so ook eie ervaring. Jou kind kan nou ook begin leer om sekere dinge vir homself te doen. • Gee jou kleuter genoeg ruimte om te hardloop en speel, en ook genoeg geleenthei­d om sy klein spiertjies te ontwikkel deur met klei te speel of legkaarte te bou. • Leer jou kind rympies, dans en sing, en

klap hande op die maat van musiek. • Laat hom klim en klouter. Bou ’n hinder

nisbaan wat hy kan aandurf. • Stel jou kind bloot aan ’n groot verskei

denheid uitstappie­s.

Jou peuter leer nou baie deur te kyk wat jy doen, al boots hy jou eers ’n week later na.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa