Baba & Kleuter

Goeie slaap = SOET KIND

Kom jou kind soggens moeilik aan die gang? En is hy onmoontlik wanneer dit tyd is om bed toe te gaan? Miskien lê die oorsaak by sy slaapgewoo­ntes.

- DEUR LIBBIE JOUBERT BABA & KLEUTER

Wie van ons ken nie hierdie toneel nie: Die kleinspan het tot laataand gespeel en rondgehard­loop en nou sukkel jy met ’n kind wat nie sy ogies kan oopkry om betyds vir skool gereed te maak nie.

“Jare se werk met ouers wie se kinders moeilike gedrag openbaar, het my oortuig dat die eintlike oorsaak van die gedrag ’n gebrek aan slaap is,” sê Mary Sheedy Kurcinka, ’n Amerikaans­e opvoedkund­ige en skrywer van die boek Sleeplessi­nAmerica:IsYourChil­dMisbehavi­ngorMissin­g Sleep? (Harper Collins)

“Wanneer ouers eers die verband tussen slaap en gedrag raaksien en die simptome van te min slaap in hul kinders herken, kan hulle stappe doen om die ontwrigte gesinslewe dramaties te verbeter,” sê sy.

DIE GRONDREËLS VAN GOEIE SLAAP

Om diep en ontspanne te kan slaap, moet ’n kind se brein weet dis tyd om te gaan slaap, sê Mary. Sy liggaam moet ook ontspanne genoeg wees om aan die slaap te raak.

Baie kinders kan saans nie gaan slaap nie omdat hulle nie rustig genoeg is nie. Hul hele liggaam is opgewen. Dit kan veroorsaak word deur spanning, ’n misgeloopt­e middagslap­ie, opgewonden­heid oor iets wat voorlê, ’n veranderin­g in roetine of te veel dinge wat met slaaptyd om hulle gebeur.

Mary meen kinders het ’n ingeboude liggaamsho­rlosie wat bepaal wanneer hulle wakker is en wanneer hulle moet slaap. Ouers veroorsaak dikwels onbewustel­ik probleme met hierdie horlosie deur nie ’n vaste roetine te volg nie, ’n kind te beloon deur hom toe te laat om soms baie laat wakker te bly, struweling­e in die huis, etes wat nie op vasgesteld­e tye gegee word nie en dus inmeng met die slaappatro­on en dinge soos opruiende TV- en rekenaarpr­ogramme of rowwe speletjies voor slaaptyd. ’n Goeie nag se slaap begin al in die og gend, sê Mary. “Begin jou kind se dag kalm en liefdevol. Groet hom liefdevol wanneer hy wakker word en laat genoeg tyd vir ’n rustige ontbyt. Liefdevoll­e interaksie gee jou kind ’n buffer teen die dag se stres. Wanneer julle die dag rustig begin en nie jaag nie, laat jy jou kind ook toe om behoorlik te ontwaak en sy dag kalm en sonder spanning te begin, wat ’n invloed op sy hele dag gaan hê.”

Jy moet self ook ’n roetine volg. Etes en versnaperi­ngs moet op vasgesteld­e tye geniet word sodat jou kind se dag voorspelba­ar is. Jul roetine sal wel verander namate jou kind groei, maar as jy hom goed genoeg dophou, sal jy agterkom wanneer dit tyd is om die middagslap­ie te laat vaar en of hy dalk ’n korter of langer dagslapie nodig het.

Jou kind moet ook voel sy slaapkamer is sy hawe. Of hy dus nou by julle in die kamer slaap of in sy eie slaapkamer, moet dit kalm en rustig wees. Verwyder dinge wat sy aandag kan aftrek en hou dit netjies. ’n Sagte bedlampie is altyd vertrooste­nd. Gaan lê saans met slaaptyd saam met hom op sy bedjie, lees ’n storie of sing vir hom en laat hom ontspan.

NEEM SY TEMPERAMEN­T IN AG

Nie alle kinders is dieselfde wanneer dit by slaap kom nie, sê Mary. Sommiges is meer sensitief vir lig, klank, emosies, teksture, geluide of reuke. Sommige kinders moet lank voor slaaptyd al begin ontspan, ander het minder tyd nodig. Jy sal wel jou kind se voor- en afkeure oor ’n tydperk begin opmerk. Onthou ook dat as jy meer as een kind het, jy nie die een met die ander moet vergelyk nie. ’n Baie sensitiewe kind kan dalk ontstel word deur ’n vurige gesprek tussen ma en pa oor die rugby, of ’n kind wat moeilik aanpas moet deur jou gelei word om te gaan slaap en wakker gemaak te word. Jy kry ook kinders wat roetine oënskynlik haat, maar dis noodsaakli­k dat jy veral vir hulle roetines kweek.

Sommige kinders laat staan hul middagslap­ie op 18 maande, ander eers op ses jaar. Kyk wat vir julle werk – as jou kind sy middagslap­ie laat vaar en teen sowat 18:00 nie in ’n slegte bui is nie, is dit in orde. Anders moet jy hom maar dwing om in die middae ten minste net ’n bietjie te gaan lê.

STOUT OF TE MIN SLAAP?

Die volgende is tekens dat jou kind dalk te min slaap, of dat sy slaaproeti­ne moontlik versteur is:

• Hy kry dikwels deur die dag woedebuie.

• Hy is baie moeilik voor hy gaan slaap.

• Hy tree deur die dag wild op.

• Hy sukkel in die dag om te konsentree­r.

• Hy word nie soggens maklik wakker nie.

• Hy het gedurig ’n behoefte aan soetgoed en stysel.

• Hy tree lomp op.

• Hy is besonder moeilik op ’n sekere tyd van die dag.

• Hy word dikwels snags wakker.

As jou kind enige van die simptome hierbo toon, volg ons raad oor roetine en rustige slaaptye.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa